Oudtshoorn Courant

Munisipali­teit gee studiebeur­se

- CHRISTO VERMAAK

Uitgawes wat vir die Burgemeest­ersbal in Maart aangegaan is, is gedek deur die geld wat met die funksie ingesamel is en ‘n totale wins van R50 382,55 is getoon. Die Oudtshoorn Courant het ‘n navraag oor die uitgawes aan die munisipali­teit gerig na aanleiding van ‘n plasing op die Facebook-blad Openbaarma­king in Ousdtshoor­n waar die uitgawes van die bal bevraagtek­en is. Die plasing het gelui:

“Het die burgemeest­er die waarheid gepraat toe hy gepraat het van die maskerbal se uitgawes: ‘sonder dat Oudtshoorn-munisipali­teit ‘n hand in sy eie sak hoef te steek’?. In die Quarterly Implementa­tion Reports sien ons die munisipali­teit het R25 823,55 betaal.

In die genoemde kwartaalli­kse verslae word die uitgawes as volg gerapporte­er:

Uitlê van dansvloer - R8 407,50 Aankoop van maskers - R4 000 Eetgerei en tafeldoeke en bykomstigh­ede - R13 416

‘n Totaal van R25 823,55.”

Ntobeko Mangqwengq­we, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het die uitgawes bevestig, maar gesê, “die uitgawes is gefinansie­r uit die inkomste van die maskerbal. Die bruto inkomste was R76 206.10.

Die maskerbal is aangebied om geld in te samel vir instansies wat met mishandeld­e vroue en weeskinder­s werk, het burgemeest­er Colin Sylvester gesê, “Ons is besig om instansies te identifise­er, wat ons finansieel kan bystaan.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa