Oudtshoorn Courant

Vrou vir dae gemartel en aangerand

-

VANAF BLADSY 1

Volgens haar wou Campher nie die deur oopmaak nie en is hulle deur die polisie aangeraai om eers by ander familie te gaan kyk of Mei nie dalk daar is nie.

“Haar ma het saam met die polisie gery om te gaan kyk en ons het gebly. Ons het aanhou klop om te kyk of iemand die deur oopmaak. Hy het later die venster oopgemaak. Die bloed het van sy hande af gedrup. Toe ons sy hande sien het ons geweet hy is steeds besig om haar te slaan. Hy het gesê hy kon nie die deur oopmaak nie, want sy suster is kliniek toe en het hulle in die huis toegesluit,” vertel die steeds geskokte Blou.

Volgens haar het hulle hom mooi gevra om Mei te laat gaan, maar hul pleidooie was tevergeefs.

“Die gemeenskap het oproerig geraak en toe was daar geen keer aan hulle nie. ‘n Man het die deur oopgetrap en net ‘bloed!’ geskree. Ons is in die huis en dis hier waar ons op die bebloede toneel afgekom het,” vertel sy.

Volgens Mei se niggie, Elmarencia van Hansen, was alles in die huis met bloed besmeer.

“Die sementvloe­re was bevlek met die bloed. Die mure was ook vol bloed. Haar bebloede hande se merke was teen die mure en jy kon sien hoe sy op die vloer gekruip het en teen die mure vir ondersteun­ing gedruk het,” het sy gesê.

Volgens Van Hansen het hulle Mei bebloed en kaal op ‘n bed in ‘n kamer aangetref.

“Toe sy my sien het sy die kombers van haar afgetrek. Ek het so groot geskrik toe ek haar sien. Haar gesig was geswel en haar oë toegeslaan. Sy het nie ‘n draad klere aangehad nie. Sy was vol bloed. Sy het stukkende merke in haar binnebene gehad en haar tande was uit. Dit lyk ook of hy haar met vuurhoutji­es op haar maag gebrand het. Die bloed het van die kussing waarop sy gelê het gedrup,” vertel sy.

Van Hansen sê Campher se suster het hom gehelp om vir die polisie weg te kruip.

“Sy het hom onder haar bed met ‘n vaal kombers toegegooi.”

Volgens haar het die polisie versterkin­gs ingeroep omdat die gemeenskap Campher en sy suster wou aanrand.

“Die onluste polisie was daar en die man en sy suster is met polisie begeleidin­g uit die huis. Die mense het gevra dat hulle net twee minute met hom wou hê, maar hulle het hom beskerm.”

‘n Buurman het aan die Oudtshoorn

Courant vertel dat hy Maandagaan­d ‘n gekap in die huis gehoor het.

“Dit het eers geklink soos iemand wat met ‘n pik kap. Toe hoor ons die vreeslikst­e geluide. Ons het gedink hulle slag ‘n dier,” het hy gesê.

Volgens hom het hulle dit die volgende dag weer gehoor.

“Die gemeenskap het toe gaan klop om te hoor of als reg is, maar hy wou nie die deur oopmaak nie. Die mense het toe haar familie gaan haal.”

Volgens nog ’n vrou wat naby woon was veral die vroue ontsteld oor wat gebeur het.

“Dit is nog Vrouemaand. Hoe slaan jy iemand so? En hoekom? Ons wil weet hoekom die polisie nie van die begin af die deur afgetrap het nie. En hoekom het niemand wat in die huis was hom probeer keer nie? Dit is nie reg nie,” het sy gesê.

Inwoners wat naby die huis woon wil nie dat die huis se bewoners terugkeer nie.

“Ons soek nie sulke mense in ons gemeenskap nie. Ons wil nie sulke mense naby ons of ons kinders hê nie,” het hulle gesê.

Blou het Donderdago­ggend aan die Oudtshoorn

Courant gesê dat Mei se toestand nog nie verbeter het nie.

“Ons was by haar in die hospitaal. Sy kan steeds nie praat nie en haar lyf is gekneus. Dit is regtig ‘n wonderwerk dat sy nog leef.”

Kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het gesê Campher is op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem. Hy het Donderdag vir in die hof verskyn.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Die familie wat Natasha Mei gered het. Van links is Samantha Abrahams, Elmarencia van Hansen, Maria Abrahams, Siena Blou en Vytjie Mei (haar ma).
Foto: Liezl van Niekerk Die familie wat Natasha Mei gered het. Van links is Samantha Abrahams, Elmarencia van Hansen, Maria Abrahams, Siena Blou en Vytjie Mei (haar ma).
 ??  ?? Natasha Mei (31)
Natasha Mei (31)
 ??  ?? Die bloedspoor­t het van die voordeur na die kamer waarin Natasha Mei gevind is gelê.
Die bloedspoor­t het van die voordeur na die kamer waarin Natasha Mei gevind is gelê.
 ??  ?? Die bloedbevle­kte vloer en mure getuig van die nagmerrie wat in die huis afgespeel het.
Die bloedbevle­kte vloer en mure getuig van die nagmerrie wat in die huis afgespeel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa