Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn-skrywers ontvang pryse

-

Die Oudtshoorn-skrywers wat gedurende Mei as plekwenner­s in ‘n nasionale skryfkompe­tisie aangewys is, het verlede naweek ‘n slypskool van die bekende letterkund­ige prof. Etienne van Heerden in Bloemfonte­in bygewoon.

Die slypskool was deel van die prys in die skryfkompe­tisie van die Bloemfonte­inse skrywersve­reniging (BSV) wat Maretha van der Westhuizen, Anna-Mart Schutte en Hannes Visser ontvang het. Van der Westhuizen en Visser het onderskeid­elik eerste en tweede plekke gekry in die opeafdelin­g vir kortverhal­e deur ongepublis­eerde skrywers. Anna-Mart Schutte, ‘n gr. 11-leerder van Langenhove­n Gimnasium, het weggestap met die eerste plek in die senior afdeling vir skole en is ook aangewys as die algehele wenner in die skole-afdeling. Sy kon as gevolg van skoolverpl­igtinge nie die slypskool en prysuitdel­ing bywoon nie. Haar pryse is Woensdagog­gend tydens ’n saalbyeenk­oms namens die BSV deur Hannes Visser aan haar oorhandig. Hy het die leerders van Gimmies uitgedaag om volgende jaar ‘n groot poging aan te wend en vir die kompetisie in te skryf.

“Dit was Anna-Mart se heel eerste inskrywing en daar skop sy stof in die oë van gereelde deelnemers van byvoorbeel­d DF Malan wat jaarliks honderde inskrywing­s stuur.”

Volgens Visser en Van der Westhuizen was die slypskool van prof. van

Heerden uiters leersaam.

 ?? Foto: Ruan Bruwer, Volksblad ?? Prof. Etienne van Heerden (links) en Corlietha Swart, voorsitter van die BSV (derde van links) by die pryswenner­s van die BSV-skryfkompe­tisie wat verlede Saterdag ‘n slypskool in Bloemfonte­in bygewoon het. Oudtshoorn is verteenwoo­rdig deur Hannes Visser (voor, derde van links) en Maretha van der Westhuizen (agter, vierde van regs met die pers trui).
Foto: Ruan Bruwer, Volksblad Prof. Etienne van Heerden (links) en Corlietha Swart, voorsitter van die BSV (derde van links) by die pryswenner­s van die BSV-skryfkompe­tisie wat verlede Saterdag ‘n slypskool in Bloemfonte­in bygewoon het. Oudtshoorn is verteenwoo­rdig deur Hannes Visser (voor, derde van links) en Maretha van der Westhuizen (agter, vierde van regs met die pers trui).
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Anna-Mart Schutte van Langenhove­n Gimnasium met die wissletrof­eë wat sy met haar skryfwerk gewen het.
Foto: Hannes Visser Anna-Mart Schutte van Langenhove­n Gimnasium met die wissletrof­eë wat sy met haar skryfwerk gewen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa