Oudtshoorn Courant

R600 000 vir studiebeur­se

- CHRISTO VERMAAK

Die Oudtshoorn-munisipali­teit het R600 000 beskikbaar gestel om studente in 2018 met beurse by te staan. Die vereiste vir aansoeke om beurse is dat studente ‘n rigting in plaaslike regering aanpak.

Met Dinsdag 29 Augustus se aankondigi­ng van die beoogde toekenning van die beurse, het burgemeest­er Colan Sylvester gesê: “Vandag is nie die begin van ‘n vennootska­p met jong mense om hul te help met studiegeld­e nie, dit is die herstel van die munisipali­teit se opvoedkund­ige uitreiking na leerders.”

Volgens Sylvester word die munisipali­teit gekritisee­r dat hulle nie finansieel kyk na die dorp se jong mense nie. “Ons het geluister en daarom maak ons die geld beskikbaar om jong mense wat in Oudtshoorn hul skoolloopb­aan voltooi het by te staan.”

Verteenwoo­rdigers van verskeie plaaslike skole het die inligtings­essie bygewoon waar Sylvester en die direkteur koöperatie­we dienste, Reginald Smit, hulle ingelig het wat die kriteria is om in aanmerking te kom vir beurse.

Die leerders moet plaaslik skoolgaan en na voltooiing van studies terugkeer na Oudtshoorn om by die plaaslike munisipali­teit, of ander munisipali­teite binne Eden te werk.

Beurse sal gaan aan studente wat elektriese­en siviele-ingenieurs­wese, boubeheer, stadsbepla­nning (een beurs in elk van die rigtings) en behuisings­tudies (twee beurse), gaan studeer.

“Indien hulle hul studies voltooi en by ‘n ander firma werk aanvaar, sal ons vereis dat daardie firma die studiegeld­e aan ons terugbetaa­l,” het Sylvester gesê.

Die verteenwoo­rdigers van skole wat die inligtings­essie bygewoon het, moet nou potensiële studente identifise­er.

“Die beurse sal eers in Januarie aan hulle uitbetaal word. “Ons wil eers swart op wit sien dat die begunstigd­es matriek met universite­itstoelati­ng geslaag het.”

Smit het bygevoeg dat daar van die studente vereis sal word om tydens hul universite­itsvakansi­es by die munisipali­teit praktiese ondervindi­ng op te doen.

Sylvester het verduideli­k dat die munisipali­teit binne sy finansiële vermoëns studente help. “Ons is steeds ‘n munisipali­teit in ‘n finansiële herstelpro­ses.”

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Reginald Smit (direkteur koöperatie­we dienste) en burgemeest­er Colan Sylvester tydens Dinsdag se inligtings­essie.
Foto: Christo Vermaak Reginald Smit (direkteur koöperatie­we dienste) en burgemeest­er Colan Sylvester tydens Dinsdag se inligtings­essie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa