Oudtshoorn Courant

Famsa-gholfdag was reusesukse­s

-

Famsa Karoo het op 26 Augustus ‘n suksesvoll­e gholfdag, ten bate van maatskapli­ke dienste aan kwesbare gesinne, individue en kinders, gehou. Geld is ook vir instandhou­ding en noodsaakli­ke herstelwer­k aan die Famsagebou en -voertuie ingesamel. Lumenrock, die maatskappy wat as Famsa Karoo se ouditeure optree, het as naamborg opgetree. Dié dag het meer as R20 000 opgelewer.

Twaalf spanne het aan die gholfdag deelgeneem. Die toernooi was ‘n vierbal-alliansie met die twee hoogste syfers en is by die Oudtshoorn­gholfklub aangebied. Famsa Karoo is reeds deur verskeie spelers en borge vir die uitstekend­e reëlings en ‘n heerlike dag van gholf gelukgewen­s. Famsa Karoo het hierdie jaar fantasties­e pryse aan die wenners oorhandig. ‘n Ete is ook aan alle spelers en hulle gesinne aangebied. Die ongeloofli­ke ondersteun­ing van plaaslike besighede en instansies het grootliks tot die sukses van die gholfdag bygedra.

Famsa Karoo bedank daarom graag die volgende:

• Lumenrock, as naamborg, met veral dr. Japie Breedt, Ig van der Merwe en Steveland Louis wat die dag saam met ons geniet het. ‘n Donasie van R5 000 is vanaf Lumenrock ontvang.

Die 48 gholfspele­rs wat aan die toernooi deelgeneem het.

Borge:

Lumenrock

Timbercity

Miles Verwe

Canon

Fanie’s Bakwerke

Watson & Brink Apteek Oudtshoorn Ford

Toyota

Camp Roadhouse & Camp Bakery / Oudtshoorn-Wes Handelshui­s Leadermans

Briesies Vervoer

Tyres & Treads

Baron’s Palace

Rawson Eiendomme

Sam’s Clothing Suid-Kaap Finansiële Dienste Gideon Badenhorst

N. De Villiers Neethling Wilgewande­l Smitswinke­l

PNA Oudtshoorn

Dr Barnard

Oudtshoorn Courant

Donateurs:

Lumenrock Surval ATKV Hartenbos Oudtshoorn Ford

Supa Quick

Braaikraal

Auto Valet Car Wash

Rawson Eiendomme Smitswinke­l NB-Uitgewers

Berluda

Karusa

Canon

Badenhorst Slaghuis Carmién Tee

De Jagers Klerewinke­l, Oudtshoorn Foschini Oudtshoorn

Wilck Spar

Johnita Marx Verhurings

Café Brulé

Cango Caves Estate

Cango Caves Zipline

Karoo Antiques

Klein Karoo Internasio­naal: Vleis Driving Range

Klein Karoo Agri Winkel Signature Divine Oudtshoorn Country Club

Klein Karoo Vaardighei­dskool Golfers Club George

H & R Stationary

Cango Pizza

Top Gear

Ook ‘n spesiale woord van dank aan die Oudtshoorn-gholfklub vir die beskikbaar­stelling van fasiliteit­e.

 ??  ?? Die gholfspele­rs was dit eens dat die dag ‘n reuse sukses was. Die fantasties­e pryse van donateurs in die area het grootliks hiertoe bygedra.
Die gholfspele­rs was dit eens dat die dag ‘n reuse sukses was. Die fantasties­e pryse van donateurs in die area het grootliks hiertoe bygedra.
 ??  ?? Gideon Badenhorst (regs) by die wenners van die Famsa-gholfdag. Van links: Wico Louwrens, Dawid Greeff, Ankia Smith, Dwayne Venter enBennie Van Zyl.
Gideon Badenhorst (regs) by die wenners van die Famsa-gholfdag. Van links: Wico Louwrens, Dawid Greeff, Ankia Smith, Dwayne Venter enBennie Van Zyl.
 ??  ?? Lumenrock het as naamborg tydens die gholfdag opgetree. Van links: Steveland Louis, profession­ele rekenmeest­er van Lumenrock Oudtshoorn, Franzu Badenhorst, direkteur van Famsa Karoo, en dr. Japie Breedt, verhouding­spesialis van Lumenrock George, asook...
Lumenrock het as naamborg tydens die gholfdag opgetree. Van links: Steveland Louis, profession­ele rekenmeest­er van Lumenrock Oudtshoorn, Franzu Badenhorst, direkteur van Famsa Karoo, en dr. Japie Breedt, verhouding­spesialis van Lumenrock George, asook...
 ??  ?? Jaco Vorster, borg en mede-eienaar van Camp Roadhouse, Camp Bakery en Oudtshoorn-Wes Handelshui­s, saam met Ankia Smith, organiseer­der van die Famsa Karoo-gholfdag.
Jaco Vorster, borg en mede-eienaar van Camp Roadhouse, Camp Bakery en Oudtshoorn-Wes Handelshui­s, saam met Ankia Smith, organiseer­der van die Famsa Karoo-gholfdag.
 ??  ?? Gideon Badenhorst en Pam Page, wenner van langste dryf vir vroue.
Gideon Badenhorst en Pam Page, wenner van langste dryf vir vroue.
 ??  ?? Die jongste gholfspele­r van die dag, Dylan Peet (12), was een van die pryswenner­s.
Die jongste gholfspele­r van die dag, Dylan Peet (12), was een van die pryswenner­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa