Oudtshoorn Courant

SWD Arende pak omgekrapte Grens-Bulldogs

- HUGO REDELINGHU­YS

Die gelykopuit­slag wat die SWD Arende in hul eerste Curriebeke­rwedstryd (eersteliga) verlede Vrydag teen die Luiperds in Potchefstr­oom afgedwing het, is gewis ‘n sielkundig­e oorwinning vir die besoekers.

Die gesigsuitd­rukkings ná afloop van die wedstryd het boekdele gespreek: die tuisspan se skouers het gehang terwyl die Arende soos Lotto-wenners gepronk het.

‘n Oorwinning in jou wegwedstry­de in dié taai kompetisie is altyd ‘n bonus. Maar as jy in ‘n tuiswedstr­yd vasval, besoedel jy die gemoedere.

‘n Gelykopuit­slag in ‘n moeilike wegwedstry­d is dus nooit te versmaai nie. Dit sal die Arende loon om die goeie dinge uit die Luiperds-wedstryd ter harte te neem en in Vrydagaand se kragmeting teen die besoekende Grens-Bulldogs toe te pas.

Dis al ou nuus en mens wil nie daarop hamer nie, maar die Arende se rugbyseiso­en tot dusver vanjaar verloop goor.

Die Grens-bulle sal oorgehaal wees om hul puik spelpeil op Outeniquap­ark voort te sit en die Arende se seisoen verder te bederf. Die besoekers het ‘n netjiese pak voorspeler­s wat hul man teen enige span in die Eersteliga kan staan. En agterlangs is ‘n tros snellers wat feitlik van enige plek op die veld met die bal wil aanval.

Die Arende sal egter moed put uit verlede Vrydag se vertoning teen die omgekrapte Luiperds en met stewige vertoning - en tuisoorwin­ning - weer nuwe lewe in sy Curriebeke­rveldtog wil blaas.

Die span was met druktyd nog nie bekend nie.

 ??  ?? ‘n Bergfietsr­yer tydens ‘n vorige byeenkoms.
‘n Bergfietsr­yer tydens ‘n vorige byeenkoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa