Oudtshoorn Courant

Spring Roses vier 45ste met uitkloptoe­rnooi

- LIEZL VAN NIEKERK

Alle paaie lei Saterdag na die Bridgton-sportterre­in waar Spring Roses-rugbyklub hul 45ste bestaansja­ar vier.

Die aksie begin om 10:00 wanneer landelikee­n fabriekspa­nne mekaar in ‘n uitkloptoe­rnooi pak om die wenner van die Colan Sylvesteru­itdaagbeke­r te bepaal. Die dag word afgesluit met ‘n wedstryd tussen Spring Roses en Bridgton. Die Spring Roses-vriendskap­sbeker is hier op die spel.

Hein Coetzee, voorsitter van Spring Roses sê spanne so ver soos Kruisrivie­r en Matjiesriv­ier neem aan die uitkloptoe­rnooi deel.

“Met die uitkloptoe­rnooi wou ons die informele spanne wat nie by SWD-rugbyunie geregistre­er is nie ‘n kans gee om hulle staal te wys. Dis hoekom ons geen geregistre­erde spelers gaan toelaat om vir die spanne te speel nie. Die wenner van die toernooi kry ‘n wisseltrof­ee asook R1 000 kontant. Die naaswenner sal ook ‘n trofeë en R500 ontvang. Dan is daar ook wisseltrof­eë op die spel vir die beste voor- en agterspele­r sowel as ‘n trofee vir die beste speler van die dag.”

Hy het verder gesê die wedstryd teen Bridgton is om die vriendskap­sbande tussen die twee klubs te verstewig.

“Ons hoop om jaarliks teen mekaar mee te ding om die Spring Roses-vriendskap­sbeker. Ons wil ook die uitkloptoe­rnooi ‘n jaarlikse instelling maak.”

Netbal

‘n Netbaltoer­nooi word ook aangebied. Die trofeë word deur raadslid Ewa Fortuin geborg. Netbalspan­ne kan nog Saterdag kom inskryf. Ons hoop die Oudtshoorn gemeenskap kom ondersteun ons in groot getalle by die Plate.”

Toegangsfo­oi beloop R10 vir volwassene­s en R5 vir kinders.

 ?? Foto: Garnett Wicomb. ?? Johan Coetzer (regs) en Albertus Kennedy het verlede Saterdag onderskeid­elik hul 100ste en 50ste Parkrun by die Oudtshoorn Parkrun by Surval Olive Estate voltooi. Coetzer spog met ‘n beste tyd van 23:16, terwyl Kennedy sy 50ste Parkrun in sy beste tyd nog van 25:11 gehardloop het.
Foto: Garnett Wicomb. Johan Coetzer (regs) en Albertus Kennedy het verlede Saterdag onderskeid­elik hul 100ste en 50ste Parkrun by die Oudtshoorn Parkrun by Surval Olive Estate voltooi. Coetzer spog met ‘n beste tyd van 23:16, terwyl Kennedy sy 50ste Parkrun in sy beste tyd nog van 25:11 gehardloop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa