Oudtshoorn Courant

Boplaas SA se portkampio­en

-

Boplaas familie wingerde in Calitzdorp het weereens bewys dat hulle die voorste port en Portugese rooiwyn produseer.

Dié kelder is verlede week by die SA Jongwynsko­u as die portkampio­en bekroon. Die uitslae van die Jongwynsko­u 2017 is Vrydagaand 25 Augustus by Goudini Spa bekendgema­ak. Dit is ‘n prestasie wat Boplaas vanjaar vir die derde agtereenvo­lgende jaar behaal.

Sedert 2005 was Boplaas reeds agt keer die Suid-Afrikaanse portkampio­en. Voor 2005 was die kelder wat in 1986 met die produksie van port begin het, ook twee keer as die SA portkampio­en aangewys.

Boplaas se toekenning as die land se kampioen port volg op verskeie vorige prestasies van hulle port. Dit was nie slegs Boplaas se port wat presteer het nie. Die kelder se wyne spog ook met twee goue, ses silwer- en vier bronsmedal­jes. Boplaas het ook twee toekenning­s as klaswenner­s ontvang.

Die SA Jongwynsko­u is die oudste wynskou in die land en is vanjaar vir die 185ste keer aangebied. Die wynskou bied wynmakers die geleenthei­d om die beste wyne van elke oesjaar aan te bied en te laat beoordeel.

Boplaas hou hierdie naweek hulle eerste bloeiselfe­es op 2 en 3 September. Besoekers kan Boplaas se wyne met verskillen­de disse proe, piekniek in die boorde hou, aan ‘n selfiekomp­etisie deelneem en in die bistro ontspan. Daar sal ook ‘n springkast­eel vir die kinders wees

Vir meer inligting skakel Boplaas by 044 213 3326.

 ?? Foto verskaf ?? Carl Nel, keldermees­ter van Boplaas en wynmaker Margaux Nel met die trofee as SA Portkampio­en. By hulle is Christo Pienaar, direksievo­orsitter van die SA Jongwynsko­u.
Foto verskaf Carl Nel, keldermees­ter van Boplaas en wynmaker Margaux Nel met die trofee as SA Portkampio­en. By hulle is Christo Pienaar, direksievo­orsitter van die SA Jongwynsko­u.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa