Oudtshoorn Courant

Moordsaak van hofrol verwyder

- GARNETT WICOMB

Die saak teen ‘n man van Oudtshoorn wat sy lewensmaat oor Paasnaweek vanjaar glo wreed vermoor het en aan wie borgtog geweier is, is verlede week in die Oudtshoorn-landdrosho­f van die hofrol verwyder omdat ‘n belangrike getuieverk­laring nog nie beskikbaar was nie.

Die 31-jarige André Solomons is daarvan aangekla dat hy die 34-jarige Audrey Ntombozuku, met wie hy vir agt jaar saamgewoon het, so erg aangerand het dat sy aan haar beserings beswyk het.

Solomons se regsvertee­nwoordiger, adv. Benito Metembo, het verdere uitstel van die saak teengestaa­n omdat die beskuldigd­e volgens hom geregtig is op ‘n spoedige afhandelin­g van die saak.

Die staat het uitstel gevra omdat daar steeds gewag word vir ‘n belangrike getuieverk­laring wat die ondersoekb­eampte, ao. Martin le Roux, nog nie gekry het nie.

Solomons het met sy borgtogaan­soek te kenne gegee dat hy onskuldig sal pleit en borgtog versoek omdat hy glo self wil gaan uitvind wat gebeur het.

Landdros Lorraine Samuels het Metembo gelyk gegee en die saak voorlopig van die hofrol verwyder. Sy het dit egter aan Solomons gestel dat hy wel weer aangekla en in hegtenis geneem kan word.

Ntombozuku se familie en vriende het die dag van Solomons se borgtogaan­soek ‘n plakkaatbe­toging voor die hof gehou om hul misnoeë oor die voorval te wys. Hulle het gevra dat borgtog geweier moet word.

Die Oudtshoorn Courant het in April vanjaar berig dat Ntombozuko daardie Saterdagaa­nd ‘n marteldood gesterf nadat sy verskeie kere met klippe en ander voorwerpe geslaan is. Solomons het haar glo ten aanskoue van verskeie mense van hul woning gesleep tot by die kanaal agter hul woning waar haar liggaam deur lede van die gemeenskap en familie gevind is.

 ?? Foto verskaf ?? Audrey Ntombozuko (34)
Foto verskaf Audrey Ntombozuko (34)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa