Oudtshoorn Courant

Twee taxi-ongelukke

- CHRISTO VERMAAK

Agttien mense is die afgelope naweek in die hospitaal opgeneem na twee afsonderli­ke taxiongelu­kke.

Die eerste ongeluk het Vrydag 25 Augustus omstreeks 15:15 plaasgevin­d, toe ‘n taxi met 18 insittende­s in Jonesstraa­t, in die Oudtshoorn se industriël­e gebied, gerol het. Die taxi het gerol nadat dit ‘n Hyundai verbygeste­ek en teen die motor gebots het. Die botsing is op ‘n sekerheids­kamera vasgevang. Op die beeldmater­iaal kan gesien word hoe die taxi en die motor beide van Noord na Suid in Jonesstraa­t ry. Die motor het regs gedraai na Pleinstraa­t, toe die taxi dit wou verbygaan en dit skrams teen die sykant getref het. Die bestuurder, Robert Davids, het beheer oor die taxi verloor en dit het omgeslaan en teen ‘n heining en baksteenmu­ur tot stilstand gekom.

Ambulanse het 15 van die insittende­s vir behandelin­g na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.

Sers. Gretchen Michaels, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie het bevestig dat ‘n klag van roekeloos en nalatige bestuur geopen is.

In die tweede ongeluk, Sondagmidd­ag, 27 Augustus omstreeks 16:40 het ‘n taxi met 13 insittende­s in die Barandas-omgewing tussen Uniondale en De Rust met ‘n koedoe gebots. Drie van die insittende­s, wat die drywer, Randall Akker, insluit, is in die George-hospitaal opgeneem.

Volgens die hulpdrywer, Henry Botha, was hulle na De Rust en Oudtshoorn onderweg. “Ons het glad nie die koedoe gesien aankom nie. Dit het reguit vir die voorruit gespring.”

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? ‘n Heining en baksteenmu­ur het gekeer dat dié taxi in Jonesstraa­t verder gerol het.
Foto: Christo Vermaak ‘n Heining en baksteenmu­ur het gekeer dat dié taxi in Jonesstraa­t verder gerol het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa