Oudtshoorn Courant

Jong meisie vermoor en verbrand

- LIEZL VAN NIEKERK

Die verkoolde liggaam van ‘n 16-jarige meisie is Maandag in die veld buite De Rust gevind.

Kapt Malcolm Pojie, SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, sê Deidré Opperman het Saterdagaa­nd vermis geraak na sy saam met haar neef gaan kuier het.

“’n Grootskaal­se soektog is van stapel gestuur en het Maandag uitgebrei tot langs die N12 in die rigting van Oudemuragi­e waar daar toe na 15:00 op die half naakte liggaam van die oorledene agter digte bosse afgekom is. Sy het veelvuldig­e be-

serings aan haar hoof opgedoen. ‘n Klip wat met bloed bevlek was is naby die liggaam gevind en op beslag gelê. Die liggaam was onherkenba­ar vermink en verbrand,” het hy gesê.

Hy het verder gesê goeie ondersoekw­erk en die samewerkin­g van die gemeenskap het daartoe gelei dat die 28-jarige Clifton Booysen van De Rust Dinsdagogg­end in verband met die in hegtenis geneem is. Booysen het Donderdag in die Oudtshoorn-landdrosho­f verskyn.

Shandré Opperman, Deidré se neef, sê sy was Saterdagaa­nd saam met hom uit.

“Ons was op pad na ander mense, toe ek iemand langs die pad raak loop. Ek het vir haar gesê om te wag ek is nou terug. Toe ek terugkom was sy net weg.”

‘n Ander familielid, Ella Opperman, sê hulle het haar Sondag reeds by die polisie as vermis aangemeld.

“Die gemeenskap en die polisie het oral na haar gesoek. Ons kon haar nêrens kry nie. Ons het later op ‘n top wat sy aangehad het afgekom. Dit het nie vêr van die huis af gelê nie. Dit was egter te donker om verder gesoek. Ons en die polisie het Maandag verder gesoek.”

Volgens haar het Deidré se klere soos broodkrumm­els die pad na die moordtonee­l gelei.

“Ons het eers haar bra en hemp gekry. ‘n Entjie verder het ons haar broek gekry en toe sien ons iets aan die oorkant van die hoofpad lê. Ons het toe haar een stewel gekry en aan die anderkant van die draad haar ander stewel. Ons het die klere amper tot waar sy gekry is gevolg,” het sy vertel.

“Ons wil haar onthou vir die lieflike, onskuldige kind wat sy was. Sy was nog net kind en sy het altyd gesê sy sal ‘n kind bly vir solank as wat sy kan.”

Volgens ‘n familievri­end van Deirdré was sy ‘n pragtige meisie met ‘n liefde vir dans.

“Ons woon oorkant hulle. Sy het baie tyd in ons huis spandeer en soms hier geslaap. Sy het nog nooit van te vore ‘n kêrel gehad nie.

Sy het drie weke gelede vir die eerste keer ‘n seun gesoen en dit het vir haar gevoel of sy iets vreeslik verkeerd gedoen het,” het Freddie de Bruin gesê.

Volgens hom is sy wreed vermoor. “Hoekom so iets aan so ‘n onskuldige kind doen? Sy het haar hele lewe voor haar gehad,” het hy gesê.

De Bruin sê Deidré was geliefd in die gemeenskap.

“Sy het altyd almal gegroet en alles wat sy gehad het gedeel. Sy was vriendelik en liefdevol. Sy was in ons huis soos ons eie dogter. Sy wou uitstyg bo haar omstandigh­ede en sy wou graag beter doen en hê in die lewe. By haar was daar ook nie grys areas nie. ‘n Ding was of reg of verkeerd. Sy het waarskynli­k aan die moordenaar gesê dat hy verkeerd is en dat sy hom sal gaan aangee. Dit is waarskynli­k waarom sy vermoor is.”

Isak Katzen, ‘n gemeenskap­saktivis in De Rust, het gesê dit is die wreedste moord wat nog in De Rust plaasgevin­d het.

“Sulke goed gebeur nie in die dorpie nie. Ons hoor af en toe van ‘n voorval, maar hier respekteer mense mekaar. Hierdie was onnodig en wreedaardi­g,” het hy gesê.

Katzen sê hy wil graag die polisie bedank vir hul goeie werk.

“Hulle het sedert Sondagaand aanhou soek na die moordenaar. Ek wil ook aan die gemeenskap dankie sê wat gehelp om te soek.”

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Isak Katzen, ‘n gemeenskap­saktivis, wys die plek waar Deirdré Opperman se verkoolde liggaam gevind is. Die bloedspats­els was nog duidelik op die klippe sigbaar.
Foto’s: Liezl van Niekerk Isak Katzen, ‘n gemeenskap­saktivis, wys die plek waar Deirdré Opperman se verkoolde liggaam gevind is. Die bloedspats­els was nog duidelik op die klippe sigbaar.
 ?? Foto verskaf ?? Die familie van Deirdré Opperman. Voor, in die middel is Annelize Opperman, Deidré se tannie by wie sy gewoon het. Heel links is Shandré Opperman. INLAS: Deidré Opperman.
Foto verskaf Die familie van Deirdré Opperman. Voor, in die middel is Annelize Opperman, Deidré se tannie by wie sy gewoon het. Heel links is Shandré Opperman. INLAS: Deidré Opperman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa