Oudtshoorn Courant

Man voor minderjari­ges vermoor

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Hartseer toneel het hom die afgelope naweek in Kuduweg afgespeel na Glenton Arendse voor sy minderjari­ge dogter en 14-jarige neef verskeie kere met ‘n mes gesteek is.

Volgens Aiden Fielies, Arendse se neef, het hulle Saterdagaa­nd buite die huis gesit toe twee mans verby kom en met Arendse begin skoor soek het.

“Hulle het verby gestap en weer teruggekom om verder te baklei. Glenton het sy horlosie afgehaal toe hy na hulle toe stap. Niemand het eers gehoor hulle baklei nie. Die volgende oomblik het een van die mans Glenton van agter af vasgegryp en die ander man het hom met ‘n pistool geslaan. Daarna is Glenton vyf keer met die mes gesteek. Twee keer in die kop, twee keer in die arm en die laaste keer in sy long,” vertel hy.

Volgens Fielies moes hy hardloop vir sy lewe en gaan wegkruip omdat die mans hom ook wou seermaak.

Rolheacia Prins, Arendse se vriendin en ma van sy dogter, sê sy het aanvanklik met een van die mans uitgegaan voor sy met Arendse uitgegaan het.

“Glenton het nooit gaan lê na die bakleiery nie. Hy het tot in die huis gestrompel waar sy niggie hom probeer help het.”

Die 15-jarige niggie, Bridgette Meyer, sê sy het hom buitentoe gehelp omdat hy nie kon asem kry nie.

“Die mes is deur sy long en daar was geweldig baie bloed. Ek het langs hom gesit, drukking op die wond geplaas en probeer om hom rustig te hou. Ons het dit op skool geleer.

“Ons het die ambulans gebel, maar hulle het te lank geneem toe vervoer iemand anders hom met die kar hospitaal toe. Hy is in die motor oorlede,” vertel sy.

Prins sê die polisie kon daarin slaag om die twee mans te vang.

“Een van hulle het egter Sondag weer uitgekom. Hy het dreigboods­kappe na my selfoon toe gestuur waarin hy sê ek moet versigtig wees. Ek is te bang om in die pad af te loop, want ek weet hulle is in staat om my ook seer te maak. Dalk selfs my kinders. Ek het die selfoon na die polisiesta­sie toe geneem om hulle in te lig. Toe die man agterkom ek het nie meer my selfoon nie het hy mense gestuur om my persoonlik te kom intimideer.”

Annie Fielies, Glenton se ouma by wie hy groot geword het, sê sy ken die mans.

“Die een het hier langs my gewoon. Glenton het deur ‘n moeilike tyd in sy lewe gegaan, maar die laaste tyd kon mens sien hy probeer om ‘n beter lewe te hê. Hy het handomkeer verander,” vertel sy.

Volgens haar het hy nie verdien om so te sterf nie.

“Wat dit vir my die ergste maak is dat ons nou bang is vir die kinders se onthalwe ook. Dalk soek die polisie weer na die ander man, maar wat van die kinders? Wat as hulle ook seerkry. Die mans het nie eens omgegee om Glenton voor die kinders te steek nie,” het sy hartseer vertel.

Sers. Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, sê Valentino Ewerts (24) is vir die moord in hegtenis geneem.

Ewerts het Maandag in die Oudtshoorn-landdrosho­f verskyn. Landdros Johan Steynberg het die saak tot 18 September vir ‘n borgprofie­l en borgtogaan­soek uitgestel.

 ??  ??
 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? ‘n Emosionele Rolheacia Prins staan saam met Aiden Fielies op die plek waar Glenton Arendse vermoor is.
Foto’s: Liezl van Niekerk ‘n Emosionele Rolheacia Prins staan saam met Aiden Fielies op die plek waar Glenton Arendse vermoor is.
 ??  ?? Aiden Fielies wys waar die gat in baadjie is waar Glenton Arendse deur die long gesteek is.
Aiden Fielies wys waar die gat in baadjie is waar Glenton Arendse deur die long gesteek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa