Oudtshoorn Courant

Jong man vang koperkabel­dief

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Jong man van Oudtshoorn het die week die Sekerheids­wag van die maand September 2017-trofeë ontvang na hy ‘n boef wat koperkabel­s by PSP Timbers wou steel, gevang het.

Volgens JC Berry (18), onder korperaal en perseel-senior, van Metro City Protection Services, is die boef voor 07:00 op Saterdag 9 September gevang.

Berry werk as hoofwag by PSP.

“Ons het drie mans vir ‘n geruime tyd op die kameras dopgehou wat besig was om ‘n sloot agter PSP te grawe. Ons het vermoed dat hulle dalk by die kabels wou uitkom, maar ons moes eers seker maak. Ons het die polisie die Vrydagaand al gebel omdat dit gelyk het of hulle aan die kabels begin karring. Die skelms het egter die polisie te vinnig gesien en hulle het weggekom,” vertel hy.

Volgens hom het hy en ‘n kollega, Samuel Maksella, Saterdagog­gend die polisie weer in kennis gestel dat die skelms besig is om die drade op te rol.

“Ek en my kollega het saam na die perseel waar hulle die kabels oprol, beweeg. Die polisie het van die anderkant af gekom. Die mans het egter vir ons weggehardl­oop. Twee van hulle het na die huise se kant gehardloop. Hulle het ‘n plastiese voorwerp wat hulle agter hulle aangesleep het by hulle gehad. Eers later sou ons uitvind dat die opgerolde koperkabel­s bo-op die plastiese voorwerp was wat hulle gesleep het. Die ander man het in die rigting van die treinstasi­e gehardloop.”

Volgens Berry was hy kort op die hakke van die man wat in die stasie se rigting gehardloop het.

“Ek het die man op die treinspore geduik. Ek het met my nek op een van die ysters geval en hy het sy kop gekap. Hy het probeer wegkom, maar ek kon hom keer. Ek het hom toe terug geneem PSP toe waar die polisievoe­rtuie was sodat die polisie hom in die vangwa kon laai,” het hy vertel.

Volgens Berry kon hulle keer dat ongeveer R10 000 se kabels gesteel word.

“Ongelukkig is die skade reeds daar, maar ons kon darem een man vang vir die misdaad.”

 ??  ??
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Van links is: Staf-sersant ,Samuel Maksella, sekuriteit­s-offisier, Faans Manies, sekuriteit­s-offisier Willie Steyn, korperaal, Miemie Pyper, operasione­le-bevelvoerd­er van Suid-Kaap-tak Brigadier Rudi Du Toit, onder-korperaal en perseel senior, JC Berry...
Foto: Hannes Visser Van links is: Staf-sersant ,Samuel Maksella, sekuriteit­s-offisier, Faans Manies, sekuriteit­s-offisier Willie Steyn, korperaal, Miemie Pyper, operasione­le-bevelvoerd­er van Suid-Kaap-tak Brigadier Rudi Du Toit, onder-korperaal en perseel senior, JC Berry...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa