Oudtshoorn Courant

Onwettige jagters skuldig bevind

- GARNETT WICOMB

Drie mans van Thembaleth­u, George, is Vrydag in die Oudtshoorn-landdrosho­f op drie aanklagte ten opsigte van die onwettige jag van beskermde wild skuldig bevind nadat hulle skuld erken het.

Sias Mazukisi (33), sy neef, Sparks Retyu (34) en ‘n vriend, Fundisile Maseti (38) is skuldig bevind aan die jag van beskermde diere sonder ‘n permit en buite die jagseisoen, die jag van die diere deur gebruik te maak van honde sonder ‘n permit en die wederegtel­ike en onwettige besit van karkasse van beskermde wilde diere sonder ‘n permit of die nodige dokumente.

Die drie is op Sondag 30 April vanjaar tydens ‘n padblokkad­e van die polisie op De Rust in hegtenis geneem en dieselfde aand op waarskuwin­g vrygelaat.

Karkasse van vier steenbokke, ‘n kolhaas, ‘n dassie en ‘n aardwolf is in die kattebak van die voertuig gevind asook twee windhonde en ‘n Amerikaans­e veghond binne die voertuig.

Een van die steenbokke het nog geleef en moes deur ‘n veearts uitgesit word weens erge wonde.

Die polisie het op die wild, die honde en die voertuig beslag gelê.

Die diere is met die honde, wat deur iemand op Beaufort-Wes opgelei is, gejag en gevang. Mazukisi, Retyu en Maseti het op 27 April vanaf Thembaleth­u na Beaufort-Wes gereis om die honde te gaan haal en is daar geleer hoe om met die honde te werk en met hulle te jag.

In ‘n pleitverdu­ideliking erken Mazukisi dat hulle reeds op 27 Maart besluit het om op Beaufort-Wes met honde te gaan jag.

Volgens Retyu se bekentenis is die diere aan hulle gegee “omdat hulle van so ver ge- kom het.”

Die regsvertee­nwoordiger­s van die drie mans, Francois van Zyl (vir Mazukisi en Retyu) en Vaughn Shone (vir Maseti) het die hof vir korrektiew­e toesig gevra, terwyl die staatsaank­laer, Vandana Premchand, vir opgeskorte vonnisse en boetes gevra het, maar toegee dat korrektiew­e toesig ‘n opsie is.

Van Zyl het in sy voorvonnis­betoog gesê die mans en veral Mazukisi het reeds baie verloor na die polisie op sy motor en honde beslag gelê het.

“Sou die mans permitte gehad het en die regte tyd gaan jag het sou hulle niks verkeerd gedoen het nie,” het van Zyl gesê. Volgens hom is die honde goed opgelei en in ‘n baie goeie toestand.

Direkte gevangenis­straf sal volgens hom onder omstandigh­ede onvanpas wees.

“Die beskuldigd­es het oop kaarte met die hof gespeel en behoort beloning daarvoor te kry.”

Hy het ook aanbeveel dat die mans blootgeste­l word aan opvoedings­programme ten opsigte van natuurbewa­ring.

Volgens Shone is Maseti ook ‘n diereliefh­ebber en nie skuldig aan ‘n tipe misdaad vir tronk toe stuur nie. Maseti het, volgens hom, op die ingewing van die oomblik besluit om saam met sy mede-beskuldigd­es te gaan. Premchand het versoek dat die honde aan ‘n dierebeske­rmingsvere­niging oorhandig word.

Volgens haar kom die belange van die gemeenskap ook sterk na vore vir vonnisople­gging. Oor die verliese wat Masukizi gely het, het sy gesê dat dit sy eie toedoen was. Wat voorts verswarend is, is die feit dat dit ‘n georganise­erde operasie was.

Landdros Lorraine Samuels het die saak vir korrektiew­e verslae en vonnisople­gging tot 17 Oktober 2017 uitgestel.

 ??  ??
 ??  ?? Drie steenbokke, waarvan een nog lewend was, ‘n kolhaas en ‘n aardwolf buite die voertuig waarin hulle by die padblokkad­e gevind is.
Drie steenbokke, waarvan een nog lewend was, ‘n kolhaas en ‘n aardwolf buite die voertuig waarin hulle by die padblokkad­e gevind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa