Oudtshoorn Courant

Fietsryer stabiel na ongeluk

- LIEZL VAN NIEKERK

Die fietsryer wat laat Maandagmid­dag op die Lategansvl­ei-pad deur ‘n bakkie getref is, is steeds in die MediClinic George.

Corné Botha, hoof baanmeeste­r: Edenbergfi­ets, sê Trude Stassen, ‘n veearts in Oudtshoorn, het veelvuldig­e beserings en verskeie beenbreuke opgedoen.

Botha was self op die toneel minute nadat die ongeluk plaasgevin­d het.

“Ek en Buks Gouws, wat altyd ons fietsrybye­enkomste se noodhulp behartig, het saam na die toneel gegaan. Iemand wat daar verbygery het, het ons gekontak. Buks het haar behandel tot die ambulans opgedaag het. Ek dink dit was genade dat Buks daar was. Hy het baie mooi en met baie deernis met haar gewerk om haar so gemaklik moontlik te maak. Die uitkoms van die situasie kon ook heel anders gewees het as ons nie so gou op die toneel was nie,” het hy vertel.

Volgens hom het Stassen agter die bakkie gelê en het sy geweldig baie pyn verduur.

“Ons wil nie te veel uitbrei oor haar beserings nie. Sy het ernstig seergekry, maar is tans in ‘n stabiele toestand.”

Botha sê hy maan motoriste om asseblief ook die fietsryers op paaie in ag te neem.

“Fietsryers oefen gereeld op die paaie, ook op die grondpaaie. Daarom vra ons motoriste om waaksaam te wees. Ry stadiger by die draaie en probeer om ‘n afstand van minstens 1,5 m te handhaaf wanneer fietsryers verbygeste­ek word.”

Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie word die oorsaak en omstandigh­ede van die ongeluk ondersoek.

“Na bewering het beide die bakkie en fietsryer in dieselfde rigting gery en het die bestuurder van die bakkie die fietsryer links verbygeste­ek. Die fietsryer het glo ook links beweeg waarna die twee gebots het,” lui ‘n verklaring wat Visser gestuur het.

 ??  ?? Paramedici laai die beseerde Trude Stassen in die ambulans. Op die voorgrond is die beskadigde fiets van Stassen.
Paramedici laai die beseerde Trude Stassen in die ambulans. Op die voorgrond is die beskadigde fiets van Stassen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa