Oudtshoorn Courant

Drie sterf na taxibestuu­rder beheer verloor

- LIEZL VAN NIEKERK

Die Oudtshoorn-polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag na drie mense Saterdagog­gend in ‘n ongeluk op die Mosselbaai-pad oorlede is.

Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het die ongeluk om 04:44 gebeur.

“Na bewering was die taxi vanaf Kaapstad na Oudtshoorn onderweg. Die taxi het om ‘n draai gegaan en die sleepwa agter die taxi het heen en weer oor die pad begin swaai. Die passasiers het benoud geraak en opgestaan. Die bestuurder van die taxi het toe beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan,” het sy gesê.

Daar was 18 insittende­s in die taxi. Drie persone, waaronder twee kinders, is ook in die ongeluk beseer en is na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.

Die insittende­s was glo onderweg na ‘n begrafnis en het onder meer groente op die waentjie vervoer.

“Die pad was vol aartappels, wortels en uie. Van die mense het buite die taxi gelê,” het ‘n omstander op die toneel gesê.

Die Oudtshoorn Courant het die toneel besoek. Die merke soos die taxi oor die teer geskuur het was duidelik sigbaar.

Van die insittende­s se besittings het steeds langs die pad gesaai gelê en verbygange­rs het van die groente, wat nie in die ongeluk stukkend geval het nie, opgetel. Die name van die persone wat in die ongeluk beseer is, was nog nie teen druktyd bekend gemaak nie.

 ??  ?? Die taxi met 18 insittende­s het Vrydagaand beheer om ‘n draai verloor en omgeval. Drie persone is dood.
Die taxi met 18 insittende­s het Vrydagaand beheer om ‘n draai verloor en omgeval. Drie persone is dood.
 ??  ?? Besittings van die insittende­s het na die ongeluk oor die pad gestrooi gelê.
Besittings van die insittende­s het na die ongeluk oor die pad gestrooi gelê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa