Oudtshoorn Courant

Calitzdorp-aanranding: verdagtes skuldig bevind

- GARNETT WICOMB

Dit was twee ure van hel.

So het ‘n bejaarde vrou (74) van ‘n kleinhoewe buite Calitzdorp, verlede Vrydagogge­nd in die Oudtshoorn-streekhof getuig oor die voorval in hul huis op 14 Junie 2016 toe sy en haar 78-jarige man deur drie mans van Gamka-Wes vasgebind, beroof en hul huis geplunder is.

Die vrou, wat versoek het dat hul name nie gepublisee­r moet word nie, het ter verswaring van vonnis getuig in die saak teen Alex Stoffels (20), Elton Conradie (25) en Jaco Adams (28) wat skuldig bevind is op twee aanklagte van huisbraak met die opset om te steel, roof met verswarend­e omstandigh­ede, voertuigdi­efstal en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Sy het getuig dat die mans, nadat hulle die egpaar se hande en voete vasgebind, die kaste en laaie omgekeer het, portrette van die mure geruk het en beurte gemaak het om ‘n vuurwapen op hulle te rig.

“Hulle is na die kombuis waar hulle die maand se kosvoorraa­d gevat en in ons motor gelaai het. Kosbare en onvervangb­are oorlogsmed­aljes van ons voorvaders wat van sentimente­le waarde is, is ook gesteel,” het die vrou getuig.

Een van die drie mans het die skerm van ‘n die televisies­tel stukkend gegooi toe hy nie die kanale waarna hy gesoek het kon kry nie.

“Dit was ‘n TV wat ons net ‘n rukkie tevore gekoop het. Hulle het al ons geld en bankkaarte gevat en gedreig dat hulle ons sal kom doodmaak indien ons verkeerde PIN’s gee of die polisie skakel.”

Die mans het ook die egpaar se selfone geneem en die rekenaarka­bels afgesny sodat hulle met niemand kontak kon maak nie.

Die vrou het voorts getuig dat hulle daarin geslaag het om los te kom en na hul bure te hardloop vir hulp nadat die mans met hul motor weg is.

“Dit het gereën, ons was bang en ons moes buite staan en roep omdat daar ‘n elektrisit­eitsheinin­g om die huis was en groot honde op die erf.”

Volgens die vrou het sy vir drie maande na die voorval saans met klere en skoene gaan slaap. Wanneer sy dorp toe gaan kyk sy gedurig rond uit vrees dat iemand haar kan aanval.

Hulle moes lank sonder ‘n ryding klaarkom en R25 000 van hul spaargeld gebruik om weer ‘n voertuig aan te skaf omdat die mans hul motor gerol en dit afgeskryf moes word.

Op ‘n vraag van die staatsaank­laer, Hyron Goulding, watter vonnis die drie opgelê moet word was haar antwoord: “Hulle moet kry wat hulle gesoek het. Die Bybel sê doen aan andere wat jy aan jouself gedoen wil hê. Dit is duidelik dat die drie jong manne behandel moet word soos wat hulle ons behandel het,” het die vrou gesê.

Goulding, het die hof vir ten minste twintig jaar tronkstraf gevra.

“Ons het hier te doen met drie beskuldigd­es wat geen respek teenoor twee hulpelose bejaardes getoon het nie en gemaak het asof hulle baas van die plaas was.

“Genadiglik het ‘n skoot nie afgegaan nie. Hulle het doelbewus dwelms gebruik om die misdrywe te gaan pleeg en dit kan nie as verskoning gebruik word nie. Die klagte van roof is meer ernstig omdat ‘n vuurwapen gebruik is,” het Goulding gesê.

Hy het bygevoeg dat een van drie vuurwapens wat Stoffels tydens ‘n inbraak drie dae tevore by die woning van Jacobus Oosthuizen gesteel het, nog nie gevind is nie en tot verdere misdaad kan lei indien dit in die verkeerde hande beland.

Die drie mans se regsvertee­nwoordiger, Eugene Roos, van die plaaslike Regshulpra­ad, het die hof gevra om nie die genade aspek en rehabilita­sie met vonnisople­gging uit die oog te verloor nie. Hulle het onskuldig gepleit en niemand is beseer nie.

Hy het die hof voorts ook versoek om af te wyk van die voorgeskre­we minimum vonnis van 15 jaar vir roof met verswarend­e omstandigh­ede.

Volgens hom is die egpaar nie te na gekom nie. Hy het die hof versoek om nie die beskuldigd­es te knak nie en die klagtes vir vonnis saam te neem.

Oosthuizen het getuig dat verskeie selfone, kameras, drie vuurwapens, skootreken­aars, twee duur Switserse horlosies, ‘n troupand van R5 000, ‘n Toyota Etios asook R2 500 kontant van hom gesteel is. Sy verlies het meer as R75 000 beloop. Hy het ook getuig dat sy kind na die voorval sleg slaap en terapie moes kry. Hy moes ook nuwe diefwering aanbring en die hof versoek om ‘n gepaste vonnis op te lê.

Streekland­dros LA Wilkens het die saak vir vonnisople­gging tot 3 Oktober uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa