Oudtshoorn Courant

Herstelwer­k aan Swartbergp­as vorder

- MARLENE MALAN

Alhoewel herstelwer­k aan die Swartbergp­as volgens die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer volgens skedule vorder is die negatiewe uitwerking op sake- en toerondern­emings in Prins Albert ernstig.

Die pas is reeds sedert April gesluit nadat ‘n vloed sowat 2,5 km van die pas aan Prins Albert se kant verwoes het. Dit is dit veral restaurant­e in die dorp wat reuse-finansiële verliese lei en sommige staar sluiting in die gesig. Minstens een toerismeon­derneming van Oudtshoorn wat spesialise­er in pasbesigti­gingstoere ervaar dieselfde.

Die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer het dit egter duidelik gestel dat veiligheid eerste kom, en dat daar geen kanse gewaag kan word om die pas te gebruik terwyl die padoppervl­ak en stutmure nog onstabiel is nie. Die provinsial­e minister van vervoer, Donald Grant, het die herstelwer­k as ’n prioriteit­sprojek verklaar, sodat daar inderhaas met die werk begin kon word weens die ernstige negatiewe invloed op die ekonomie van Prins Albert en Oudtshoorn. Werk is in Junie begin, met ’n geraamde tydsduur van agttien maande. Selfs plaaslike handearbei­d word ingespan.

Linda Jaquet, voorsitter van die Swartbergp­astaakgroe­p, by wie Prins Albert-ondernemin­gs en die Oudtshoorn­se toeroperat­eur navraag gedoen het oor die vordering, het in ’n brief vandeesmaa­nd aan Stephanus Schoeman, produksie-ingenieur van Oudtshoorn en verbonde aan die departemen­t vervoer van die Wes-Kaapse regering, geskryf om ’n vorderings­verslag te kry. Sy wou weet of daar enige manier is dat die pas oor naweke vir verkeer oopgestel kan word, “omdat ek baie vrae van ondernemin­gs in Prins Albert kry wat ’n ernstige finansiële terugslag weens die padsluitin­g beleef.

’n Toeroperat­eur van Oudtshoorn het ook hieroor by haar navraag gedoen. Ons besef egter veiligheid is die belangriks­te oorweging en waardeer die pogings van u span,” skryf Jaquet.

Hierop het Schoeman geantwoord dat die herstelspa­n besig is om die pas se keermure te herbou om die padonderla­e te stut.

“Ons beplan die rekonstruk­sie van ongeveer 180 m se keermure. Dis ’n langsame proses, omdat dit gedoen word met behulp van plaaslike handearbei­d, maar ons vorder goed. Ons hoop om in September sowat 100 m van die keermure, tot op dieselfde hoogte as die padoppervl­ak, te voltooi en die res van die keermure, tot op die hoogte van die padoppervl­ak, teen die eerste week in Oktober af te handel. Dit sal ons kans gee om die padlae en hergruisin­g te voltooi, terwyl die konstruksi­e van die keermure aan die kante voortgaan.”

Volgens hom is daar reeds met die hergruisin­g van die beskadigde dele begin, en die beplande voltooiing hiervan is middel Oktober. “Tot dan kan ons nie verkeer deur die pas toelaat nie. Behalwe die grootskaal­se skade, het die reën ook ’n groot verlies aan gruis oor ’n afstand van vier kilometer veroorsaak. Ons wil dié deel hergruis voordat ons die pad oopstel. Hierdie werk sal van ongeveer middel Oktober tot middel Desember duur. Ons verkies om die pad in dié tyd heeltemal te sluit, maar dit sal dalk moontlik wees om beperkte verkeer in geskedulee­rde tye toe te laat. Hieroor kan onderhande­l word, sodra die grootste vloedskade herstel is.”

Vir ondernemin­gs is dit die tweede keer binne net meer as ’n jaar dat die pas – ’n groot toeristeaa­ntrekkings­krag – gesluit word. In Maart verlede jaar is die pad, wat toe kwaai uitgetrap was, teen R4 miljoen opgeknap en twee maande lank gesluit. Toerismeor­ganisasies het toe gekla dat dié herstelwer­k tydens hul hoogseisoe­n, ondeurdag was.

Byron La Hoe, vir die Wes-Kaapse departemen­t vervoer, het by navraag gesê die Swartbergp­as word om veiligheid­sredes gesluit totdat alle noodsaakli­ke herstelwer­k voltooi is. “Dit sluit in die herbouing van stutstrukt­ure en padlae, asook hergruisin­g. Die hergruisin­g sal middel Oktober klaar wees, as alles volgens plan verloop. Die ander vier kilometer wat ’n ernstige gruisverli­es ervaar het weens die swaar reën, sal middel Desember voltooi wees.”

 ?? Foto verskaf ?? Werkers pak klippe om die historiese stutmuur in die Swartbergp­as te herstel.
Foto verskaf Werkers pak klippe om die historiese stutmuur in die Swartbergp­as te herstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa