Oudtshoorn Courant

Man sterf in ongeluk op Mosselbaai-pad

- LIEZL VAN NIEKERK

Johannes Plaatjies, ‘n pa van twee kinders, is verlede Vrydag oorlede nadat hy op die Mosselbaai-pad in ‘n ongeluk betrokke was.

Plaatjies was van Volmoed onderweg na Oudtshoorn toe die ongeluk gebeur het.

Kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, sê die ongeluk het om 13:57 gebeur.

“Drie voertuie was in die ongeluk betrokke. Na bewering het die Ford waarin die oorledene was vanuit Volmoed se rigting gery, die ander voertuig, ‘n Toyota Corolla het vanaf Zeekoegat ingedraai en in Mosselbaai se rigting gery. ‘n Bakkie het die voertuig gestamp en met die oorledene se voertuig gebots,” het hy verduideli­k.

Die Toyota het aan die regterkant van die pad tussen die riete tot stilstand gekom.

Een persoon is beseer en per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.

‘n Klag van strafbare manslag word ondersoek. Jacky Olifant, Plaatjies se lewensmaat van die afgelope 16 jaar en die ma van sy kinders, sê sy dood is ‘n groot skok om te verwerk.

“Hy het Vrydagmidd­ag mense wat ‘n geleenthei­d nodig gehad het Volmoed toe, gaan aflaai. Sy ouers bly daar so hy gaan gereeld Volmoed toe. Dit was maar altyd sy plek en sy mense. Daarom het hy nie eens geskroom om hulle te help nie,” het sy vertel.

Olifant sê haar kinders probeer ook nog hul pa se dood verwerk.

“Jody-Ann was vreeslik na aan haar pa. Sy het altyd haar probleme en stories met hom gedeel. Sy is ‘n ongeloofli­ke goeie leerder en gee altyd haar bes op skool en haar pa was vreeslik trots op haar vir dit. Ons seuntjie Jayzeen mis hom net so baie. Hulle verwag dat hy nou enige oomblik deur die deur moet stap. Ek ook. Deur die dag kom mens dit nie regtig agter nie, want dit is asof hy nog by die werk is, maar in die aand is die verlange groot. Dit is wanneer jy besef hy gaan nie vanaand deur die deur stap nie.”

Olifant sê die woordjie goed is te klein hom haar man te beskryf.

“Hy was meer as net ‘n goeie mens. Hy was ondersteun­end, hardwerken­de ‘n uitstekend­e pa en ‘n wonderlike eggenoot. Hy was ‘n familie mens en het ons altyd ondersteun in alles wat ons gedoen het. Hy sou my nooit terug hou om my ambisies uit te leef nie,” het sy vertel.

Plaatjies word Saterdag om 10:00 uit die Volkskerk van Afrika begrawe. Daar is om 09:00 ‘n vooraf diens by hul huis in Karlinkast­raat, Rosebank.

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Die Mosselbaai-pad moes Vrydagmidd­ag vir verkeer in beide rigtings gesluit word, na ‘n noodlottig­e ongeluk.
Foto: Christo Vermaak Die Mosselbaai-pad moes Vrydagmidd­ag vir verkeer in beide rigtings gesluit word, na ‘n noodlottig­e ongeluk.
 ??  ?? Johannes Plaatjies (50)
Johannes Plaatjies (50)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa