Oudtshoorn Courant

Vrou wat seun doodsteek sal begrafnis bywoon

- GARNETT WICOMB

Die vrou wat haar 16-jarige seun doodgestee­k het is Woensdag in die Oudtshoorn-landdrosho­f borgtog van R500 toegestaan en sal haar seun se begrafnis kan bywoon.

Ellen Mentoor (37) word van moord aangekla. Sy het haar seun, Clinton Mentoor, op Saterdag 9 September tydens ‘n stryery met ‘n mes in die nek gesteek. Hy is op die toneel dood.

Die saak is Dinsdag tot groot ontstelten­is van familie en vriende van die beskuldigd­e, uitgestel toe die ondersoekb­eampte nie by die hof opgedaag het nie.

Volgens die staatsaank­laer, Leonie van Rooyen, wat nie borgtog teengestaa­n het nie, is Mentoor se borgtogpro­fiel bekom wat aantoon dat sy geen vorige veroordeli­ngs het nie.

Die beskuldigd­e wil volgens ‘n familielid graag haar seun se begrafnis komende Saterdag bywoon. Landdros Roelf Konstabel het borgtog op R500 vasgestel en die saak tot 27 Oktober uitgestel.

Mentoor se borgtogvoo­rwaardes bepaal dat sy elke Maandag en Vrydag, tussen 06:00 en 18:00, by die Bongolethu-polisiesta­sie aanmeld en haar weerhou van enige kontak met ‘n staatsgetu­ie, Bianca Jacobs.

Sy is ook gewaarsku om alle hofverskyn­ings by te woon en nie betrokke te raak by enige misdrywe nie. Indien wel, het die landdros gewaarsku, sal haar borgtog ingetrek en sy aangehou word totdat die saak afgehandel is.

Familieled­e het na die verrigting­e gesê dat hulle baie verlig is omdat dit Mentoor se begeerte is om haar seun se begrafnis by te woon.

Clinton word Saterdag om 10:00 vanuit die Pinkster Protestant­e Kerk in Bridgton begrawe.

Die huisdiens te Lappertsrt­aat, begin om 09:00.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa