Oudtshoorn Courant

Erfenisvie­ring groot in Prins Albert

- MARLENE MALAN

Inwoners van Prins Albert het Erfenisdag, 24 September, drie dae lank gehuldig, met groepaktiw­iteite wat van verlede Vrydagaand tot Sondagogge­nd plaasgevin­d het.

Die hoogtepunt van die naweek was die #US4US-talentkons­ert Saterdagaa­nd in die openbare park in die woonbuurt Noordeinde wat deur byna 2 000 mense bygewoon is. Van vieruur die middag is die park volgepak deur inwoners wat wou luister na die dorp se talentvoll­e sangers, rymkletser­s, dansers en musici.

Ingrid Wolfaardt, dryfkrag agter die #US4USproje­k, het gesê die konsert was ’n hoogtepunt ná maande se sifting en oefening van jongmense. “Die konsert was nie ’n kompetisie nie. Dit was ’n geleenthei­d vir talentvoll­es wat sedert Mei hard gewerk het om te wys wat hulle kan doen.”

Die sanger en klawerbord­speler Ving Chan, wat van die deelnemers afgerig het, het gesê dertien uit 22 aanvanklik­e optredes is gekies, en kundiges het die deelnemers die afgelope drie maande afgerig. Die genres het ingesluit dans, rap, sang, poësie en hip-hop. “Hierdie was ’n verhoog vir die jeug van Prins Albert om hul talent te vertoon.”

Radio Gamkaland het dié konsert regstreeks uitgesaai, asook die Erfenis-kerkdiens in dieselfde park Sondagogge­nd, waar onder andere die skrywer en digter Poem Mooney opgetree het.

Mooney het vertel van sy grootwordj­are in Prins Albert, en hoe die dorp en omgewing hom as mens gevorm het. Nog deelnemers was die digter en vertaler Daniel Hugo, die plaaslike digter Jeanette Hough, pastoor Pieter Taaibos van Vlottenbur­g en die kore van laer- en hoërskole.

Die optog Saterdagog­gend, waaraan talle kinders en volwassene­s van die dorp deelgeneem het, het in die woonbuurt Noordeinde begin en geëindig met ’n vertoning deur die rieldansgr­oep, Prins Albert Vastrapper­s.

 ?? Foto: Marlene Malan ?? Die digter en skrywer, Poem Mooney, by die Erfenis-kerkdiens Sondagogge­nd.
Foto: Marlene Malan Die digter en skrywer, Poem Mooney, by die Erfenis-kerkdiens Sondagogge­nd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa