Oudtshoorn Courant

Kommer oor padwerke

- HANNES VISSER

Inwoners van De Rust het hierdie week hulle kommer uitgespree­k oor die moontlike gevaar wat padwerke aan die N12 en die dorp se hoofstraat inhou.

Anton Nortier, ‘n onderwyser van die dorp, is Woensdagog­gend per ambulans hospitaal toe geneem nadat sy motor deur ‘n skoolbus getref is. Die botsing het omstreeks 06:40 by die aansluitin­g van Steytler- en Schoemanst­raat plaasgevin­d.

As gevolg van padwerke was daar Woensdag eenrigting­verkeer deur die dorp wat met twee stop/ry-punte beheer is. Volgens Nortier het hy by die stopstraat stilgehou voordat hy uit Steytlerst­raat in Schoemanst­raat sou indraai.

“Die probleem met daardie aansluitin­g is dat mens ‘n entjie vorentoe moet ry om verby die bome te sien of daar verkeer aankom. Ek het geen verkeer van regs sien kom nie, maar nie besef daar is ‘n bus direk aan my linkerkant op pad nie, want die een kant van die pad was gesluit en hy moes dus aan die verkeerde kant van die pad ry.”

Die aankomende skoolbus, wat onderweg was om leerders op te laai het Nortier se Volvo aan die voorkant getref. Volgens omstanders by die toneel het die bus nie vinnig gery nie. Die busbestuur­der was alleen in die bus en is ongedeerd.

Nortier is hospitaal toe geneem en gisterogge­nd ontslaan. Hy het telefonies gesê sy lyf is baie seer en gekneus en sy suikervlak was hoog na die botsing.

Beide hy en ‘n sakevrou, Anne-Rita Fewell van Ray’s Coffee Shop, het gesê dat daar slegs sekere tye van die dag mense by die systrate se aansluitin­gs is wat verkeer beheer.

“Dit is gevaarlik as mens saans of vroeg in die oggend uit ‘n systraat in Schoemanst­raat moet indraai, want jy weet nie watter kant toe jy mag ry nie omdat daar niemand is wat jou wys nie,” het Fewell, wat Nortier by die ongeluksto­neel bygestaan het, gesê.

Tydens die botsing was daar nie mense by die aansluitin­g om verkeer te beheer nie.

Ander inwoners met wie die

Oudtshoorn Courant gesels het, het hulle kommer oor die padwerke tydens die komende vakansiese­isoen uitgespree­k. Die N12, wat die hoofroete tussen Beaufort-Wes en die SuidKaap is, dra normaalweg swaar verkeer, maar tydens die vakansiese­isoen is daar ‘n drastiese toename in verkeer.

Fewell het ook haar kommer uitgespree­k oor die spoed waarmee sommige voertuie deur die dorp ry. “Iets sal gedoen moet word om mense te dwing om stadiger deur ons dorp te ry.”

 ??  ?? Die skoolbus wat in die botsing betrokke was.
Die skoolbus wat in die botsing betrokke was.
 ?? Foto’s: Brende Brits ?? Die wrak van Anton Nortier se Volvo waaruit hy met slegs ligte beserings geklim het.
Foto’s: Brende Brits Die wrak van Anton Nortier se Volvo waaruit hy met slegs ligte beserings geklim het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa