Oudtshoorn Courant

SAPD help met brand by koshuis

- HANNES VISSER

“Ons eerste prioriteit was om toe te sien dat al die kinders na veiligheid gebring is

As dit nie vir die blitsvinni­ge reaksie van nege polisieled­e was nie, sou ‘n brand in die koshuis van Eljada-Kairos skool waarskynli­k ernstige skade aangerig het.

Volgens kol. Wayne Venter, skofbevelv­oerder, het ‘n geskokte personeell­id van die koshuis, wat oorkant die polisiesta­sie geleë is, Maandagaan­d omstreeks 20:00 by die aanklagkan­toor ingehardlo­op en gesê ‘n kamer is aan die brand.

Venter het al die polisieled­e wat hy kon kry bymekaarge­maak en na die koshuis gehardloop. Hulle het die koshuis se brandbluss­ers gegryp en die brand, wat reeds ‘n matras en die kamer se gordyne vernietig het, geblus.

Van die lede het toegesien dat die kinders veilig buite die koshuis is.

“Ons eerste prioriteit was om toe te sien dat al die kinders na veiligheid gebring is, en om dan die brand te probeer keer totdat die brandweer op die toneel is,” het Venter gesê.

Met die aankoms van die brandweer enkele minute later was die brand reeds geblus. Volgens ‘n lid van die brandweer sou die brand na die dak versprei het as die polisie nie so vinnig opgetree het nie. Die gordynkap wat naby aan die plafon is het reeds aan die brand geslaan en is net betyds geblus.

Volgens personeel wat in die koshuis was, was daar niemand in die kamer tydens die brand nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar volgens die brandweer lyk dit of die beddegoed van die bed wat teen die venster staan, vlamgevat het.

Personeel van die koshuis het die polisie en die brandweer geloof vir hulle vinnige optrede.

Kol. Wayne Venter het gesê die lede wat so vinnig gereageer het, was, sersante Golding, Mtanda, Bowers en Jantjies, konstabels Pietersen en Pretorius en adjudant-offisiere Campher en Niebuhr.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Mornay Thysse by die bed en venster waar die brand uitgebreek het. Beddegoed, ‘n deel van die matras, gordyne en die gordynkap was in vlamme toe polisieled­e dit geblus het.
Foto: Hannes Visser Mornay Thysse by die bed en venster waar die brand uitgebreek het. Beddegoed, ‘n deel van die matras, gordyne en die gordynkap was in vlamme toe polisieled­e dit geblus het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa