Oudtshoorn Courant

Tref só voorsorg teen inbrake

- HANNES VISSER

Met ‘n aantal inbrake wat die afgelope naweek voorgekom het, het kapt. Lou is Visser, kommunikas­ie beampte van die Oudtshoorn-polisie, weer ‘n beroep op inwoners gedoen om eenvoudige stappe te neem om inbrake en diefstal te voorkom.

“Mense moet onthou dat inbrekers op die uitkyk is vir persele met maklike toegang. Deur ‘n paar basiese riglyne te volg kan inwoners ‘n groot bydrae maak om dié soort misdaad te bekamp,” het hy hierdie week gesê.

Kaptein Visser het die volgende wenke verskaf:

Maak seker dat vensters en deure op knip en gesluit is as die huis verlaat word.

Waardevoll­e items soos juweliersw­are, selfone, beursies en skootreken­aars moet nie naby vensters gelaat word nie. Dit gebeur dikwels dat diewe items deur oop vensters steel omdat dit in sig is en maklik bygekom kan word. In sommige gevalle word items met stukke draad of stokke deur ‘n oop venster nader getrek en gesteel.

Dieselfde geld vir items wat in motors gelaat word. Sluit waardevoll­e items in die motor se kattebak toe eerder as om dit in sig op sitplekke te laat.

Diefwering en alarms is die grootste afskrikmid­del en sal die risiko van ‘n inbrake verminder.

Maak egter seker die diefwering en veiligheid­shekke is sterk genoeg en die gapings klein genoeg dat niemand daardeur kan klim nie. Diefwering en veiligheid­shekke is soms sterk, maar die rame waaraan hulle vasgeheg is en die manier waarop hulle vasgeheg is, is dikwels swak en kan maklik uitgebreek word.

Huisbrake vind nie net in die nag plaas nie en ook nie slegs wanneer daar niemand tuis is nie. Sorg dus dat vensters toegemaak en deure gesluit word, al is jy by die huis.

Goeie vriendskap­pe en buurmanska­p kan huisbrake verhoed. Laat betroubare bure of vriende weet as die huis onbewoon is sodat hulle gereeld kan kyk of alles in orde is, pos uithaal en ligte aan en af skakel. Huisbrake word soms eers dae of weke na die voorval ontdek as inwoners terugkeer van vakansie af. Hoe gouer die misdaad ontdek word hoe gouer kan die polisie optree.

Maak seker dat tuingereed­skap, lere en enig- iets wat deur inbrekers gebruik kan word om vensters of deure oop te breek weggebêre is.

Stig buurtwagte wat gereeld met die polisie skakel en volgens hulle voorskrift­e funksionee­r.

Stig WhatsApp-groepe tussen inwoners van ‘n spesifieke buurt

Woon forumverga­derings van die polisie by om ingelig te wees oor polisie-optredes en misdaadpat­rone.

 ?? Foto’s: Hannes Visser. ?? Tuingereed­skap en ander gereedskap wat nie weggesluit is nie word deur inbrekers gebruik om toegang tot deure en kaste te verkry soos wat die geval by ‘n inbraak by ‘n kleutersko­ol was.
Foto’s: Hannes Visser. Tuingereed­skap en ander gereedskap wat nie weggesluit is nie word deur inbrekers gebruik om toegang tot deure en kaste te verkry soos wat die geval by ‘n inbraak by ‘n kleutersko­ol was.
 ??  ?? Dit is belangrik dat diefwering stewig aan stewige rame vasgeheg is. Tydens hierdie inbraak is diefwering wat met houtskroew­e aan die vensterraa­m vasgeheg is maklik losgebreek en weggebuig.
Dit is belangrik dat diefwering stewig aan stewige rame vasgeheg is. Tydens hierdie inbraak is diefwering wat met houtskroew­e aan die vensterraa­m vasgeheg is maklik losgebreek en weggebuig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa