Oudtshoorn Courant

Toeriste in botsing betrokke

- LIEZL VAN NIEKERK

Twee Sweedse toeriste was verlede Sondag in ‘n botsing op die Volmoed-pad betrokke nadat hulle aan die verkeerde kant van die pad gery het.

Volgens Gift Bosiu, die bestuurder van die voertuig waarteen die toeriste gebots het, het hy hulle probeer waarsku.

“Die ongeluk het in ‘n draai op die bruggie gebeur. Ek het op my toeter gedruk en ook ligte gegooi om hulle bewus te maak dat hulle aan die verkeerde kant van die pad ry, maar dit het nie gehelp nie. Ek wou nie aan die anderkant van die pad ry nie, want dan sou ek in die sloot beland het. Ek wou na die ander baan toe swaai, maar toe is ek bang hulle swaai saam uit. Die VW Polo het oor die middelstre­ep beweeg en toe bots ons,” het hy gesê.

Volgens Bosiu het die toeriste ‘n voertuig van ‘n agentskap gehuur.

“Ek verstaan dat dit ’n ongeluk was en dat oorsese toeriste nie al ons padreëls ken of noodwendig weet aan watter kant van die pad om te ry nie. Ek voel egter dat die verantwoor­delikheid by die agentskapp­e lê om wel die toeriste in kennis te stel van die reëls en regulasies of minstens ‘n gids saam met hulle te stuur tot hulle meer vertroud is met ons paaie se reëls,” het hy gesê.

Bosiu sê daar was twee insittende­s in die VW Polo en hulle was ook twee mense in sy voertuig.

“Niemand het ernstig seergekry nie, wat seker te danke is aan die feit dat daar nie spoed by betrokke was nie. Ons het net ‘n paar blou kolle en skraapmerk­e opgedoen,” het hy gesê.

Sers. Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie sê geen klag word ondersoek nie.

 ??  ?? Gift Bosiu se Opel Mokka na die ongeluk.
Gift Bosiu se Opel Mokka na die ongeluk.
 ??  ?? Die huurmotor waarmee die toeriste gery het.
Die huurmotor waarmee die toeriste gery het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa