Oudtshoorn Courant

Toeriste gestrand na bestuurder se arrestasie

- HANNES VISSER

‘n Groep Duitse toeriste wat na Port Elizabeth onderweg was, is verlede Vrydag in Oudtshoorn gestrand gelaat nadat hulle busbestuur­der op aanklag van dronkbestu­ur in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Lou is Visser, kommunikas­iebeampte van die Oudtshoorn-polisie, het‘ n verkeersbe­ampte die bus buite die dorp afgetrek omdat dit gelyk het of die bus meganiese probleme het.

Die bestuurder is versoek om die bus na die munisipale toetsstasi­e te neem om nagegaan te word. By die toetsstasi­e het die verkeersbe­ampte vermoed dat die bestuurder aangeklam is en ‘n asemtoets is gedoen. Volgens die toets was die bestuurder se alkoholvla­k oor die wettige perk en is hy in hegtenis geneem en vir bloedtoets­e hospitaal toe geneem.

Beamptes by die toetsstasi­e het bevind dat die lugsakke by die bus se linker agterwiele foutief was en die bus se lisensiesk­yfie is verwyder.

Die Oudtshoorn Courant het Ilse Jacobs, wat deur die provinsie aangestel is om na buitelands­e besoekers om te sien, van die gestrande toeriste ingelig. Sy het gereël dat die toeriste die grotte besoek terwyl die toermaatsk­appy alternatie­we reëlings tref.

Die busdiens het drie minibusse van ‘n plaaslike vervoerond­erneming gehuur om die toeriste grotte toe te neem en daarna na Port Elizabeth te vervoer waar ‘n nuwe bus en bestuurder vir hulle sou wag.

Volgens die woordvoerd­er van Protours, die eienaars van die bus, is hulle besig met ‘n interne ondersoek.

In hul verklaring meld hulle dat die bus meganies in ‘n goeie toestand was en vermoed hulle dat die skade aan die lugsakke deur die bestuurder veroorsaak is. Die padwaardig­heid sertifikaa­t van die bus is ook aan die Oudtshoorn

Courant gestuur.

Die toermaatsk­appy, Private Safaris, wat die toer gereël het wou nie kommentaar op die voorval lewer nie. Die toergids wat saam met die toeriste was, was ook nie geneë om met die media te praat nie.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die bus wat na eenkant oorhel is deur verkeersbe­amptes op die De Rust-pad voorgekeer en na die toetsstasi­e vergesel.
Foto: Hannes Visser Die bus wat na eenkant oorhel is deur verkeersbe­amptes op die De Rust-pad voorgekeer en na die toetsstasi­e vergesel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa