Oudtshoorn Courant

Leesfees 2017 bied groot verskeiden­heid

- MARLENE MALAN

Dis byna tyd vir boekliefhe­bbers om in die pad te val vir Prins Albert se sesde Leesfees vanaf 3 tot 5 November.

Vanjaar se Leesfees-tema is, In die gees van die Karoo – The Soul of the Karoo, met bekende en gewilde romanskryw­ers, digters, musici en stemkunste­naars, ’n komediant en twee films op die spyskaart.

Die gesprekke, aanbieding­s en verhoog produksies sluit in die bekendstel­ling van splinternu­we fiksie en nie-fiksie, onderhoude met gewilde skrywers oor hul top verkoper boeke en paneel bespreking­s oor kwessies in die boeke wêreld.

Dit sluit onder meer in ’n bespreking oor die gewildheid van misdaadfik­sie en misdaad-niefiksie in Suid-Afrika, met Mike Nicol (Staatsrott­e/ Agents of the State) en Rudie van Rensburg (Piranha en Kamikaze); ’n bespreking oor die groei in kinderboek publikasie in Suid-Afrika, met Wend y Maart ens, prof. Dorothea van Z yl( stigter van die Stellenbos­se Woordfees) en die illustreer­der Janienke van Zyl as gespreksge­note; asook oor die bydrae van Karel Schoeman tot die SuidAfrika­anse letterkund­e, waaraan die uitgewer Nicol Stassen (Protea), Cas Wepener (Die reis gaan inwaarts – die kuns van sterwe in die werke van Karel Schoeman) en prof. Bernard Odendaal gaan deelneem.

Die oud-staatsaank­laer Glynnis Breytenbac­h (Rule of Law), Mohale Mashigo (The Yearning), Sarah-Jane King (Killing Karoline) en Simon Witbooi, oftewel Hemelbesem (God praat Afrikaans) is deel van die opwindende program.

Die Anglo-Boereoorlo­g is deesdae ’n gewilde tema in fiksie- en nie-fiksie-boeke en is ook by die Leesfees op die spyskaart met Joyce Kotzè (The Runaway Horses), die vertaler, Daniel Hugo (Wintersrus­t) en Carel van der Merwe (Donker

Stroom).

Die kunstenaar, kunsskrywe­r en kunshistor­ikus Elza Miles het ’n reusebydra­e tot die Suid-Afrikaanse kunstoneel gelewer.

Die kunsjoerna­lis Johan Myburg gaan saam met haar terugstap op haar kunspad. Maar Johan is ook ’n digter, en gaan meer vertel oor sy hoogaanges­krewe bundel, Uittogboek, wat vanjaar groot opslae gemaak het.

Soos in die verlede word daar ook voorsienin­g gemaak vir poësie liefhebber­s met optredes deur Gaireyah Fredericks, Daniel Hugo, Johan Myburg en Prins Alberter, Hugh Forsyth.

Vanjaar se Leesfees bied meer as net die geskrewe woord. Daar is twee films op die spyskaart: Die hoogaanges­krewe Krotoa en die werk van ’n plaaslike filmvervaa­rdiger, Hélène Smit (Eerstewate­r) sowel as ‘n optrede deur die komediant Nik Rabinowitz en woord- en musiek- aanbieding­s deur Tribal Echo, deur Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert en vier Wes-Afrikaanse sangers.

Die aanbieding­s lokale is die Jan s Rautenbach Schouwburg, Depth Leadership-sentrum en The Showroom Theatre.

By die hooflokaal (Jans Rautenbach) sal eet- en drinkgoed te koop wees. Besoek ook die feesboekwi­nkel vir die werk van besoekende en ander skrywers.

Die volledige program is op www.princealbe­rt. org.za/leesfees en die Facebook-blad www.facebook.com/princealbe­rtleesfees.

Kaartjies: Aanlyn by www.princealbe­rt.org.za/ leesfees en die Prins Albert-biblioteek, Kerkstraat, Tel. 023 5411 014. Vir Afrika my verlange en Nik Rabinowitz, bespreek by The Showroom Theatre, 0235411063 of aan lyn, www.showroomth­eatre.co.za

Navrae: lkjaquet@mweb.co.za, 073 213 3797.

 ?? Foto: Marlene Malan ?? Die Jans Rautenbach Schouwburg in De Beerstraat, Prins Albert - vanjaar die sesde keer die hooflokaal van die Prince Albert Leesfees.
Foto: Marlene Malan Die Jans Rautenbach Schouwburg in De Beerstraat, Prins Albert - vanjaar die sesde keer die hooflokaal van die Prince Albert Leesfees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa