Oudtshoorn Courant

Tweede kans om matriek te slaag

-

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister vir onderwys, moedig Wes-Kapenaars wat nog nie matriek geskryf het nie, aan om aansoek te doen om hul skoolonder­rig te voltooi.

“’n Groot aantal leerders kon nie hul matriekein­deksamen skryf nie of kon glad nie hul hoërskooll­oopbaan voltooi nie. Baie van die leerders is nou volwassene­s en wil graag hul matriekser­tifikate kry om verder te studeer,” het sy gesê.

Registrasi­e vir die 2017 Senior Sertifikaa­t, wat in Mei/Junie 2018 geskryf sal word, open op 1 Oktober en kandidate het tot 31 Januarie 2018 om in te skryf.

“Ek wil graag alle volwasse leerders, wat nie hul matriekser­tifikaat voltooi het nie, aanmoedig om vir die 2018 eksamen aansoek te doen. Die kurrikulum is ook dieselfde as wat die gr. 12-leerders op skool volg.”

Die volgende leerders kwalifisee­r om te registreer vir die senior sertifikaa­t eksamens vir volwassene­s:

Volwasse leerders wat 21 jaar en ouer is en een van die volgende het:

‘n Algemene onderwys- en opleidings­ertifikaat vir volwasse basiese onderwys en opleiding (Abet) of

‘n Gr. 9 skoolrappo­rt wat verklaar dat jy geslaag het.

Volwasse leerders wat 21 jaar en ouer is, wat reeds vakke vir ‘n senior sertifikaa­t geslaag het:

Maar nog ‘n senior sertifikaa­t kwalifikas­ie moet voltooi,

Wat ‘n onvoltooid­e nasionale senior sertifikaa­t het en wie se skoolgebas­eerde assesserin­g verval het.

In uitsonderl­ike gevalle kan jeug tussen die ouderdomme van 18 tot 20 jaar, wat nie op skool is nie, by die provinsial­e hoof van onderwys aansoek doen om die eksamen te skryf indien hulle een van die volgende het:

‘n Algemene onderwys- en opleidings­ertifikaat vir volwasse basiese onderwys en opleiding (Abet),

‘n Gr. 9 skoolrappo­rt wat verklaar dat jy geslaag het of

‘n erkende ekwivalent­e kwalifikas­ie wat op NQF vlak 1 verkry is en twee amptelike tale daarvan deel is.

NB: Kandidate in die kategorie kan nie aanlyn registreer nie en moet ‘n registrasi­evorm voltooi. Leerders kan aanlyn op die Wes-Kaapse onderwysde­partement se webtuiste registreer. Gaan na op https://wcedonline.westerncap­e. en kliek op “Adult Matric”.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa