Oudtshoorn Courant

Deel van De Rust-pad oorgeteer

-

Die provinsial­e departemen­t van vervoer en openbare werke hou die vordering en die dienslewer­ing van konstruksi­ewerk aan die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust fyn dop. Dit blyk uit ‘n verklaring van Byron la Hoe, woordvoerd­er van die departemen­t, wat verlede week aan die Oudtshoorn Courant gestuur is. ‘n Navraag is aan die departemen­t van vervoer gestuur nadat die koerant bewerings ontvang het dat die werk aan die pad nie op standaard is nie en dat die maatskappy wat die tender ontvang het finansiële uitdagings in die gesig staar.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer, Donald Grant, het gesê hy het La Hoe opdrag gegee om die beweringe te ondersoek en daarop te reageer. La Hoe het bevestig dat ongeveer 1,8 km van die pad wat reeds voltooi is opgegrawe en oorgedoen moes word aangesien dit nie aan die nodige kwaliteitv­ereistes voldoen het nie.

“Die kontrakteu­r is opdrag gegee dat dié deel van die pad op sy eie onkostes reggemaak moet word.”

Wat die vraag oor die finansiële situasie van die maatskappy betref het La Hoe die versekerin­g gegee dat die nodige finansiële waarborge in plek is deeglik gemonitor word sodat daar ingegryp kan word as dit noodsaakli­k is.

“Sou die kontrakteu­r se prestasie die dienslewer­ing in gevaar stel, is ons bereid om verder in te gryp om ons belange sowel as die belange van die belastingb­etalers te beskerm,” het hy gesê.

Die padwerke het in April vanjaar begin en volgens alle aanduiding­s sal dit nog vir langer as ‘n jaar duur. Motoriste word gemaan om geduldig te wees en addisionel­e reistyd in berekening te bring as gevolg van die padwerke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa