Oudtshoorn Courant

Plaaslike skole deel in krieketfee­s

- CHRISTO VERMAAK

Vyf hoërskole in die Eden-distrik, waarvan twee van Oudtshoorn (Langenhove­n Gimnasium en Hoërskool Oudtshoorn) en een van BeaufortWe­s (Hoërskool Sentraal) is, het die afgelope skoolvakan­sie aan die KFC Punt-krieketfee­s deelgeneem.

Altesaam 26 skole van oor die Wes-Kaap het op krieketvel­de regoor die Suid-Kaap van Saterdag 30 September tot Dinsdag 3 Oktober aan die krieketfee­s deelgeneem, as deel van die Mosselbaai-munisipali­teit se sportweek.

Ru dolf Botha, sport koördineer­der by Hoërskool Punt en organiseer­der van die krieketfee­s, het Maandag gesê: Die Suid-Kaap het oor die vier dae nie teleurgest­el nie en sy mooiste baadjie aangetrek met puik krieket.

Pragkrieke­t is opgelewer deur al die skole met die vooruitsig van ‘n KFC Punt Krieketfee­s-span, wat in samewerkin­g met Travel Sport volgende jaar Junie na Nederland gaan toer.”

Die finale uitslae is nog nie gefinalise­er nie.

Vyf wedstryde wat op Oudtshoorn en Beaufort-Wes plaasgevin­d het, se uitslae is:

Hoërskool Sentraal (216/6) teen Hoërskool Swartland (209/8)

Hoërskool Sentraal wen met sewe lopies. Hoërskool Bellville (179/10) teen Hoërskool Oudtshoorn 143/10) Hoërskool Bellville wen met 36 lopies. HTS Daniël Pienaar (165/5) teen Langenhove­n Gimnasium (164/9)

HTS Daniël Pienaar wen met vyf paaltjies. Paarl Gimnasium (160/10) teen Langenhove­n Gimnasium (161/8)

Langenhove­n Gimnasium wen met twee paaltjies.

Hoërskool Sentraal (107/10) teen HTS Daniël Pienaar (108/2).

HTS Daniël Pienaar wen met agt paaltjies.

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Langenhove­n Gimnasium kolf teen HTS Daniël Pienaar.
Foto: Christo Vermaak Langenhove­n Gimnasium kolf teen HTS Daniël Pienaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa