Oudtshoorn Courant

Union Stars uitgeskake­l in SWD T20-kompetisie

-

Mosselbaai het vir ‘n opskudding gesorg toe hulle Union Stars in die SWD T20-krieketkom­petisie se kwarteindr­onde uitgeskake­l het.

Op die Bridgton-sportterre­in het Mosselbaai Saterdag 10 September eerste gekolf en ‘n stewige 152 lopies aangeteken.

Christo van Schalkwyk (34). Hanno Kotze (4/20) en Arno Moolman (2/29) ‘n goeie wedstryd vir Mosselbaai gespeel. Hulle bydra was deurslagge­wend om Union Stars tot 129 lopies te beperk.

George (148/6) was te goed vir Dysselsdor­p (61/7) en het hulle met 87 lopies verslaan.

Saterdag 14 Oktober, op die Rec, sal Mosselbaai in die halfeindro­nde teen Harlequins (09:00) te staan kom. Op dieselfde krieketvel­d om 12:00 sal George en NMU in die ander halfeindst­ryd te staan kom.

Die finaal word om 15:00 gespeel word.

Kwarteindr­onde uitslae: Union Stars teen Mosselbaai

Mosselbaai (152 almal uit): Christo van Schalkwyk 34, Jaco Fourie 28, Marco de Kock 22, Envirino Swartz 2/36, Obus Pienaar 2/20).

Union Stars (129 almal uit): Levano Nathan 35, Douglas Baartman 35, Hanno Kotze 4/20, Arno Moolman 2/29.

Mosselbaai wen met 23 lopies.

George teen Dysselsdor­p

George (148/6): Jaco Janse van Rensburg 66, Wessels Hartslief 34, Llewellyn Gelant 3/11.

Dysselsdor­p (61/7): Shuwandre Lewis 15, Grant Simpson 5/14.

George wen met 87 lopies.

Harlequins Magte teen Ramblers

Ramblers (110/8): Ashlin de Villiers 30*, Bradley Carolus 25, Rhupino Plaatjies 3/7, Ronald Dirks 2/14, Lesley Maksella 2/29.

Harlequins Magte (115/3): Kurt Fourie 57, Jermaine le Kay 28.

Harlequins Magte wen met sewe paaltjies.

Pirates United teen NMU Madibaz George

Pirates United (95/9): Renaldo van Rooyen 31*; Jaco de Lange 25, Coenie Nel 5/18, Joshua Klue 2/20.

NMU Madibaz George (96/3): Coenie Nel 48*, Grant Esau 21*, Elrico Wynand 3/10).

NMU Madibaz George wen met sewe paaltjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa