Oudtshoorn Courant

Tydtoets ideale platform vir atleetontw­ikkeling

-

André du Preez het Maandagaan­d die Oudtshoorn 5 km Nedbank-tydtoets in ‘n tyd van 20 minute die vinnigste afgelê.

In die 3 km-tydtoets het Linelle Groenewald (13:59) eerste klaargemaa­k. Die Nedbank-tydtoets is besig om homself te bewys as ‘n platvorm vir opkomende atlete om by die seniors te leer. So het die 9-jarige AJ van Tonder Maandagaan­d saam met 23 atlete by die wegspringp­unt aangemeld en die 5 km-tydtoets in 28:04 voltooi. Sy 12-jarige broer, William van Tonder het dit in 26:59 kaf gedraf.

Theresa Bester (22:40) was die eerste vrou om die 5 km klaar te maak. Sy het ‘n algehele derde vinnigste tyd afgelê.

Die uitslae is:

3 km

Linelle Groenewald (13:59), Greens Groenewald (14:10), Ruhan Munn (14:12), Henry Carstens (14:41), Cathy du Preez (17:32), Rouxle Cilliers (19:23), Reinette Serfontein (21:57), Linda Smit (21:57), Geraldine Loftie Eaton (22:24), Cobie Fourie (24:54), Anita van Vuuren (24:55), Linda Lamprecht (24:55) en Trix de Villiers (25:24).

5 km

André du Preez (20:00), Francois Verwey (21:51), Theresa Bester (22:40), William van Tonder (26:59), Francois Goosen (27:00), AJ van Tonder (28:04), Bart Saayman (28:05), Oupa Vermeulen (30:54), Charlotte Bothma (30:56) en Iona du Plessis (30:57).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa