Oudtshoorn Courant

Arendse Oudtshoorn- rugbyklub se beste

- CHRISTO VERMAAK

Fernando Arendse is aangewys as die Oudtshoorn-rugbyklub se sportman van die jaar.

Die klub wat die SWD-rugbyunie Karoo-liga gewen het en sodoende na die presidents­liga opskuif, het Saterdag 7 Oktober hul spelers vereer tydens hul jaareindfu­nksie.

Ferdie van Rensburg, voorsitter van die klub het die spelers gelukgewen­s met hul 18 oorwinning­s uit 19 wedstryde. “Dit het harde werk geverg. Ons suksesverh­aal begin toe ons reeds op 3 Januarie begin oefen het en so vriendskap­like wedstryde kon speel voor die liga begin het. Julle het almal baie ingesit, opgeoffer en het nooit opgegee nie.”

Van Rensburg het Emile Lamprecht, die hoofafrigt­er, geloof vir sy afrigtings­vernuf. “Jy het vroeg in die seisoen spelers in sleutel posisies verloor en moes spelers uit posisie speel en afrig.

Dit verg baie geduld en motivering, maar jy hy dit perfek gedoen. Jy het gesorg dat die klub elke Saterdag ‘n kompeteren­de span op die veld kon sit met oorgenoeg selfvertro­ue om te weet wat ook al gebeur, ons kan wen.”

Hy het dit as ‘n trotse ervaring beskryf om die Oudtshoorn-rugbyklub se trui te dra.

Trofee en sertifikaa­twenners:

Sportman van die jaar - Fernando Arendse Voorspeler van die jaar - Nathan Stoffels Agterspele­r van die jaar - Fredwill Hendricks Leierskap - Jaco Marx

Voor en agterspele­r (gekombinee­rd) - Giavani Forbes

Meeste punte - Anru Tolken

Meeste drieë - Ruan Tolken

Beste vordering - Mika Meyer

Beste sportmange­es - Utrecht Olkers Besonderse diens - Marius Saptouw Netjiesste speler - Lluwellyn Lakay Deursettin­gsvermoë - Marsilino Booysen

 ?? Foto’s verskaf ?? Nathan Stoffels (die spelers se speler van die jaar) en Fernando Arendse (speler van die jaar).
Foto’s verskaf Nathan Stoffels (die spelers se speler van die jaar) en Fernando Arendse (speler van die jaar).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa