Oudtshoorn Courant

Verf dorp pers met Kansa-pretstap

-

Met die Cansa Shades of Pinkpretdr­af wat 140 deelnemers gelok het, is Kansa Oudtshoorn nou gerat vir The Power of Purple-pretstap.

Deelname aan die Power of Purplepret­stap is gratis en het ten doel om mense bewus te maak van die harde pad wat kankeroorw­innaars, hul versorgers en families loop in die stryd teen die siekte. Dit vind Saterdag 14 Oktober plaas.

Na afloop van die pretstap sal die 2018 Cansa Relay for Life se datum by De Jagers-sportkompl­eks, waar die pretstap eindig, bekend gemaak word.

Deelnemers moet om 08:30 op die oop stuk grond agter Standard Bank bymekaarko­m en sal van 09:00 tot 10:00 stap. ‘n Roete sal deur die dorp tot by die De Jagers-sportkompl­eks gevolg word.

Die organiseer­ders van die pretstap vra dat deelnemers ‘die dorp moet pers verf’ en in groot getalle in die pret deel.

Kansa pak Oktober en November kankerbewu­smakingsve­ldtogte, soos die Cansa Shades of Pink-pretdraf, die Power of Purplepret­stap, die Pink Trees for Pauline-projek en ‘n Fancy Dress-partytjie aan.

Om pienk lap te koop as deel van die Pink Trees for Pauline-projek, kan Oudtshoorn Kansa geskakel word by 044 272 2724.

Die Fancy Dress-partytjie vind op Vrydag 3 November om 18:30 plaas. Die winste van die partytjie word aan die Cansa Relay for Life geskenk.

Kaartjies is R150 per persoon en dit sluit ‘n skaapspit-ete in. Vir meer besonderhe­de kan Mariska Swart by 079 172 3264 geskakel word.

 ??  ?? Polisieled­e, sers. Alicia Willard (De Rust), sers. Lynelle van der Westhuizen, konst. Loza Douws (George), sers. ND Lewis (Oudtshoorn) en sers. April (Oudtshoorn), het ook aan die pretdraf deelgeneem.
Polisieled­e, sers. Alicia Willard (De Rust), sers. Lynelle van der Westhuizen, konst. Loza Douws (George), sers. ND Lewis (Oudtshoorn) en sers. April (Oudtshoorn), het ook aan die pretdraf deelgeneem.
 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Twee broers, William (links) en AJ van Tonder het onderskeid­elik eerste en tweede oor die eindstreep gedraf, met die Cansa Shades of Pinkpretdr­af.
Foto: Christo Vermaak Twee broers, William (links) en AJ van Tonder het onderskeid­elik eerste en tweede oor die eindstreep gedraf, met die Cansa Shades of Pinkpretdr­af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa