Oudtshoorn Courant

Knights en Cobras sorg vir opwinding

-

Die eerste wedstryd van die Sunfoil-krieketree­ks van die SA Krieketraa­d het uitgereën op die Rec in Oudtshoorn.

Die eerste drie van die vier geskedulee­rde dae se spel, tussen die WSB Cape Cobras en die VKB Knights het egter skouspelag­tige krieket opgelewer, voor reën Maandag 9 Oktober spel onmoontlik gemaak het.

Die SWD-krieketraa­d en Cape Cobras (Westelike Provinsie) het ‘n ooreenkoms om die gesamentli­ke gebruik van die twee unies se velde.

Voor skeidsregt­ers, Shaun George en Arno Jacobs Maandag beslis het dat spel nie kan voortgaan nie, het bykans die hele tweede sessie van dag drie se spel ook uitgereën, met die Knights wie se tweede kolfbeurt van korte duur was en hul met ‘n voorsprong van 45 lopies in die kleedkamer­s gelaat het.

Vir die Knights het Rudi Second in die eerste kolfbeurt ‘n dubbel honderdtal (203 van 231 balle met 30 viere) aangeteken. Hy het ‘n vyfde paaltjie vennootska­p van 157 lopies met Werner Coetsee gedeel. Coetsee het 62 lopies van 101 balle geslaan. Dit sluit tien viere in.

Grant Mokoena het 56 (80 balle, 6 viere, 1 ses) geslaan. Hy het ‘n tweede paaltjie vennootska­p van 98 lopies met die kaptein, Pite van Biljon (56 van 117 balle, 5 viere), gedeel.

WSB Cape Cobras se Justin Ontong (64 van 92 balle, 9 viere) en Aviwe Mgijima (63 van 92 balle, 7 viere, 1 ses) het 109 om die vierde paaltjie geslaan. Vyftigtall­e deur Kyle Verreynne en Dane Piedt het verseker dat die twee spanne baie gelyk was op dag drie, met die VKB Knights op 489, verklaar, en die WSB Cape Cobras op 447.

Die wedstryd het op ‘n spannende dag drie se spel uitgereën.

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Marchant de Lange met een van sy vinnige aflewering­s na Aviwe Mgijima. Justin Ontong staan gereed om ‘n lopie te hardloop.
Louis Visser terug
15
Foto: Christo Vermaak Marchant de Lange met een van sy vinnige aflewering­s na Aviwe Mgijima. Justin Ontong staan gereed om ‘n lopie te hardloop. Louis Visser terug 15

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa