Oudtshoorn Courant

‘VSA-tennis nie vir sissies’

- LIEZL VAN NIEKERK

“Die wêreld tennis kampioensk­appe in Orlando, in Amerika waaraan Garnett Wicomb (75) deelneem is ‘nie vir sissies nie’.

“Ons is 750 spelers van 32 lande wat hier deelneem en ons speel by die United States Tennis Associatio­n National Centre wat 104 bane het,” vertel Wicomb.

Hy nee maan die dubbel s kampioensk­appe in die 75-80 jaar ouderdomsg­roep deel.

Hy vertel dat hy en sy span, wat Willie Lubbe, George Rough (kaptein) en Julio Salatolo, insluit 3-0 teen Japan en ook 3-0 teen Duitsland verloor het.

“Ten spyte van ons verlore is ek trots op ons span. Ons doen ons bes en geniet elke oomblik. Ons volgende wedstryd is teen Nieu-Seeland en ek sal baie daarvan hou as ons hulle wen,” het Wicomb gespot.

Hy het verder gesê dat hy geweldig trots is op sy persoonlik­e vertonings omdat hy tot dusver die beste gevaar het al het hy nog nie gewen nie.

“Suid-Afrika se vrouespan, waarvan Elmarie Lategan van Wesbank-tennisklub ‘n lid is, het albei hulle wedstryde gewen.”

Wicomb sê dit is vir hom ‘n wonderlike ervaring.

“Dit was nog altyd my droom om Suid-Afrika te verteenwoo­rdig. Dis nie almal wat hierdie geleenthei­d kry nie. Ek wil graag ook almal wat gehelp het om die droom ‘n realiteit te maak uit my hart uit bedank,” het hy gesê.

 ?? Foto’s: Facebook ?? Van links is Willie Lubbe, George Rough (kaptein) en Julio Salatolo en Garnett Wicomb.
Foto’s: Facebook Van links is Willie Lubbe, George Rough (kaptein) en Julio Salatolo en Garnett Wicomb.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa