Oudtshoorn Courant

Wicomb weer tuis

- LIEZL VAN NIEKERK

Garnett Wicomb, tennisster van Oudtshoorn, is terug in Oudtshoorn na hy Suid-Afrika by die ITF Super Seniors spankompet­isie in Orlando, Amerika, verteenwoo­rdig het.

Volgens Wicomb was dit ‘n baie groot aanpassing om op die stadiger kleibane van die USTA National Campus te speel en het hy eers na die derde dag tuis gevoel.

“Ons was boonop ongelukkig om sommer op die eerste dag teen die topgekeurd­e Duitsland te staan te kom en die tweede dag teen nog ‘n hoogaanges­krewe span, Japan, en albei wedstryde met 0-3 te verloor.

“Teen NieuSeelan­d het dit beter gegaan en ons het na die enkelspell­e gelyk getrek, maar net-net die dubbelspel verloor.

Volgens Wicomb was dit ‘n wonderlike ervaring om teen van die beste spelers van ander lande te kon speel.

“Die gehalte van tennis was hoog en die mededingin­g taai. Daarby was dit ook baie warm met temperatur­e tot so hoog as 40 grade en het meer as een speler as gevolg van uitputting wedstryde prysgegee.”

Volgens Wicomb was die amptelike openingser­emonie ‘n aanskoulik­e en onvergeetl­ike geleenthei­d met die spanne van 32 lande wat, net soos by die Olimpiese Spele, een na die ander hul plekke op die hoofbaan ingeneem het.

“Dit het ‘n knop in die keel gelaat. Om vir Suid-Afrika in die buiteland te gaan tennis speel behoort vir elke tennisspel­er ‘n droom te wees.”

 ?? Foto verskaf ?? Garnett Wicomb met sy SA baadjie aan.
Foto verskaf Garnett Wicomb met sy SA baadjie aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa