Oudtshoorn Courant

Aanskoulik­e atletiek dié naweek

- CHRISTO VERMAAK

Die SWD-meesters en ASWD talentiden­tifisering-atletiekby­eenkoms vind vandag (27 Oktober) en Saterdag (28 Oktober) op Oudtshoorn by die De Jagersport­kompleks plaas.

Vanjaar se byeenkoms sluit ‘n meester vyfkamp-worpe in, wat opgedra word aan wyle Ingo Hildebrand. Volgens Toy Ungerer, organiseer­der van die twee dae se atletiekby­eenkoms, word die vyfkamp-worpe aan Hildebrand opgedra uit waardering vir wat hy vir SWD-atletiek beteken het.

“Ekself het ontsettend baie by hom geleer en hy was ‘n groot inspirasie vir baie atlete. ‘n Wyse man was hy! Ek het my wêreldreko­rd aan hierdie persoon te danke, want hy was die een wat die potensiaal in my raakgesien het. Hy het vir my gesê, ‘Jy weet wat, jy kan ‘n wêreldreko­rd breek.’”

Die Ingo Hildebrand-worpe bestaan uit vyf velditems, naamlik spiesgooi, diskusgooi, gewigstoot, hamergooi en massabalgo­oi. Mans- en damesatlet­e sal aan die item deelneem. Dit sal vanmiddag (Vrydag 27 Oktober) om 14:00 begin.

Seuns en dogter (o.15 en o.17) sal aan die talentiden­tifisering­skomponent van die twee dag byeenkoms deelneem.

Ungerer sê, na Vrydag se Ingo Hildebrand vyfkamp-worpe, begin die atletiek Saterdag om 07:00 in alle erns, met die 5 000 m-stap, en direk daarna die 5 000 m-hardloop. Die eerste velditem, diskusgooi vir mans 30 tot 40 jaar, sal om 07:30 begin. Die eerste baanitem, die 400 m begin om 09:00.

“Ons gaan pragtige atletiek beleef hierdie naweek,” sê Ungerer. “Na baie jare se voorsitter­skap is hierdie my laaste byeenkoms van harde werk. Ek tree vroeg in volgende jaar uit, maar ek tree nie af nie. Ek gaan nog hardloop en op my eie sport konsentree­r.

Dit was vir my goed om myself beskikbaar te stel vir die provinsie, vir SWD-meesters, asook ASWD baan en veld byeenkomst­e se organiseri­ng. Ek het baie geleer en wonderlike mense ontmoet en mee saamgewerk.”

Sy het die Oudtshoorn-munisipali­teit bedank dat hulle na ASWD se noodkreet om herstelwer­k by die baan te doen, geluister het. “Dinge moes reggemaak word - en dit is reggemaak.”

 ?? Foto verskaf ?? Ingo Hildebrand, aan wie die vyfkamp-worpe opgedra word.
Foto verskaf Ingo Hildebrand, aan wie die vyfkamp-worpe opgedra word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa