Oudtshoorn Courant

Doodloopst­raat of nie, vir kontrakteu­r

- HANNES VISSER

Die maatskappy, NMC, wat die pad tussen Oudtshoorn en De Rust herbou loop gevaar om die kontrak te verloor indien hulle nie uitstaande skuld dringend betaal nie.

Hulle het kennis van die WesKaapse regering ontvang dat hulle teen 6 November bewyse moet lewer dat diensversk­affers betaal is, of maatreëls vir betaling getref is. Indien hulle dit nie kan doen nie sal ‘n besluit geneem word ten opsigte van hulle kontrak wat gevaar loop om beëindig te word.

Die Oudtshoorn Courant het gerugte dat die maatskappy in finansiële verknorsin­g verkeer op 4 Oktober aan die provinsial­e minister van vervoer, Donald Grant, gestuur.

In reaksie op die navraag het sy woordvoerd­er, Byron La Hoe, gesê daar is waarborge in plek om te voorkom dat belastingb­etalers se geld vermors word indien NMC nie sy verpligtin­ge kan nakom nie. Die prentjie het egter verlede week van gerugte na feite verander toe die Oudtshoorn Courant ten minste sewe subkontrak­teurs en diensversk­affers opgespoor het wat die afgelope vier maande geen betaling van NMC ontvang het nie. In gesprekke met die kontrakteu­rs het hulle gesê dat daar belofte op belofte gemaak word, maar dat hulle nie betaling ontvang nie.

Teen verlede Woensdag, toe ‘n navraag hieroor aan James Dow van NMC en minister Grant gestuur is, was die totale uitstaande skuld aan kontrakteu­rs en verskaffer­s wat deur NMC gebruik is, volgens inligting tot die Oudtshoorn Courant se beskikking, ongeveer R5 miljoen.

Twee van die diensversk­affers het verlede week gesê hulle het reeds regstappe teen NMC ingestel om hulle geld te kry.

Drie kontrakteu­rs het aan die begin van Oktober van die konstruksi­eterrein onttrek wat daartoe gelei het dat klip en gruis nie vir die bou van die pad beskikbaar was nie.

In antwoord op die navraag van verlede Woensdag het James Dow, wat die projek vir NMC bestuur, erken dat die maatskappy probleme met kontantvlo­ei het en dat geld wat die regering aan hulle betaal het nie “site specific” aangewend word nie. Hy wou nie verder hieroor uitbrei nie. Hy het genoem dat hulle besig is met herstruktu­rering van die maatskappy en dat dit hulle finansiële posisie sal verbeter.

Verskaffer­s met wie die Oudtshoorn Courant gepraat het was dit egter eens dat NMC reeds vir maande belowe dat hulle herstruktu­reer en dat skuld dan gedelg sal word.

Skuld nie net plaaslik nie

Dit blyk dat die maatskappy se wanbetalin­g nie slegs tot die Oudtshoorn/ De Rustprojek beperk is nie. Die Oudtshoorn Courant het verneem van ten minste nog vyf ondernemin­gs wat by ander projekte betrokke was en nie betaal is nie. Drie van hulle kon opgespoor word. Volgens dié inligting is die kontrakteu­rs in die Wes-Kaap sowel as die Oos-Kaap deur NMC aangestel, maar is hulle nooit betaal vir groot gedeeltes van hulle werk nie. Die uitstaande bedrag van die drie saam beloop ongeveer R6,5 miljoen waarvan R5,8 miljoen na bewering, aan ‘n kontrakteu­r in die Tuinroete reeds sedert verlede jaar verskuldig is. Volgens Dow is van hierdie rekeninge nie betaal nie as gevolg van kontraktue­le geskille met die betrokke kontrakteu­rs.

Navrae lei tot optrede

Al die inligting wat die Oudtshoorn Courant tot sy beskikking het, is Dinsdag aan Dow gestuur. Hy het Woensdag reageer deur te sê dat bykans 60% van die uitstaande kwessies reeds aangespree­k is. Sover vasgestel kon word het twee kontrakteu­rs gedeelteli­ke betalings ontvang nadat die Oudtshoorn

Courant verlede week met navrae begin het. Een kontrakteu­r aan wie R1,3 miljoen verskuldig is het ‘n betaling van R430 000 ontvang en ‘n ander een aan wie R830 000 verskuldig is het R460 000 ontvang en is hulle Maandag deur ‘n senior bestuursli­d van NMC besoek en gevra om terug te keer na die terrein. Volgens Dow sal die balans van verskaffer­s en subkontrak­teurs teen die einde van November betaal wees.

NMC op kennis geplaas

In reaksie op die inligting wat aan minister Grant gestuur is, het Byron La Hoe Woensdag bevestig dat die Wes-Kaapse regering NMC gewaarsku het dat hulle ernstige gevaar loop dat hulle dienskontr­ak beëindig gaan word en dat hulle teen 6 November besonderhe­de moet verskaf van hoe hulle die situasie gaan red. Volgens La Hoe het NMC aangedui dat hulle teen die middel van November addisionel­e finansieri­ng sal hê nadat hulle herstruktu­rering afgehandel is. La Hoe het egter aangedui dat dit na die spertyd van 6 November is en dat NMC opdrag gegee is om ‘n korttermyn strategie om die probleem op te los teen die einde van hierdie week (dit wil sê 3 November) voor te lê.

NMC het in Januarie vanjaar begin met die R213 miljoen-kontrak om die pad van 33 km tussen Oudtshoorn en De Rust op te gradeer. Volgens ‘n mediaverkl­aring wat vroeër vanjaar deur La Hoe uitgereik is sou die projek vroeg in 2018 voltooi wees en moes R29 miljoen van die kontrak spandeer word aan plaaslike kontrakteu­rs en werksgelee­nthede. Volgens verskeie mense met wie Oudtshoorn Courant die afgelope week gepraat het, is dit duidelik dat daar reeds ‘n redelike agterstand opgebou is en dat die padwerke langer mag duur as waarvoor beplan is.

 ??  ?? ‘n Gedeelte van die N12 tussen De Rust en Oudtshoorn wat tans deur NMC opgegradee­r word. Foto: Hannes Visser
‘n Gedeelte van die N12 tussen De Rust en Oudtshoorn wat tans deur NMC opgegradee­r word. Foto: Hannes Visser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa