Oudtshoorn Courant

Plaaslike akteurs speel in kort film

- LIEZL VAN NIEKERK

Twee Suid-Kapenaars het die geleenthei­d gekry om saam met bekende Suid-Afrikaanse akteurs op die silwerdoek te verskyn.

Hein Coetzee (47) en Aiden Claassen (6) het die week begin werk aan ‘n kortfilm, Ons Albertinia, wat in Calitzdorp geskiet word. Aiden woon in Calitzdorp en Hein in Oudtshoorn.

Volgens Chantel Clark, die regisseur van die film, speel die film in Februarie 1990 in die Klein-Karoo af.

“Dit is in die tyd na president FW de Klerk die verbod op die ANC opgehef het en Mandela se vrylating aangekondi­g het. Solomon, die pa van die 16-jarige Inge Abrahams en man van die hoogswange­r Marie, verlaat sy gesin om aan die struggle deel te neem. Hy is egter vir vyf jaar weg van die huis af en die ma en dogter moet besluit wat die toekoms vir hulle inhou. In die tyd wat Solomon die struggle in die Kaap baklei maak ‘n blanke eiendomson­twikkelaar ‘n aanbod op hulle plaas. Die ontwikkela­ar oortuig Marie maklik om die plaas te verkoop, maar Inge sit haar voet neer en besluit om vir plaas te baklei.”

Hein vertolk die rol van Solomon, terwyl die bekende komediant, Shimmy Isaacs, die rol van sy vrou Marie vertolk, Crystal-Donna Roberts, vertolk die rol van sy dogter Inge en Aiden speel sy seun wat hy eers met sy terugkoms na sy plaas ontmoet.

Die eiendomson­twikkelaar, Henry Wright, se rol word deur die bekende Deon Lotz vertolk en die rol van sy seun, Otto, word deur Cody Mountain vertolk.

Hein sê om gekies te word vir die film is ‘n groot eer vir hom.

“Ek wou nog altyd in ‘n fliek speel. Dit is regtig ‘n groot droom wat waar geword het. Ek ag myself as ontsaglik bevoorreg om saam met Deon, Shimmy en Crystal te speel. Dit is immers waar my hart nog altyd gelê het.”

Aiden se ma, Jean Claassen, sê sy is geweldig trots op haar seun.

“Hy is die stil en teruggetro­kke een in die familie. Almal was eers verbaas oor hy ‘n rol gekry het omdat hy so skaam is, maar ons is so vreeslik trots op hom. Hy sê hy wil graag eendag ‘n brandweerm­an word, maar miskien na die film kry hy nog ‘n rol in 7de Laan.”

Oor die regisseur

Chantel, oorspronkl­ik van Kaapstad, is ‘n filmstuden­t van die Columbia Universite­it in New York. Sy sê Ons Albertinia is die finale opdrag van hul studies. Morgan Ackley, ‘n New Yorker, is die filmvervaa­rdiger en medestuden­t en het saam met haar na SuidAfrika gereis om die film te maak.

“Suid-Afrika het so baie stories om te vertel en dit is hoekom ons besluit het om die film hier te skiet. Ek het ook familie in Calitzdorp en het altyd gedink dis een van die mooiste plekke in ons land,” het Chantel gesê. Volgens haar wil sy graag terugkeer na Suid-Afrika as haar studies verby is.

“Ek stel nie regtig in die Hollywoodf­ilms belang nie. Ek wil graag ons eie mark verbreed.”

Chantel sê die film se première gaan by die Lincoln Center in New York wees.

“Ons wil graag die film by filmfeeste in Suid-Afrika ook kom wys juis omdat daar plaaslike akteurs in is.”

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Van links is: Chantel Clark, Deon Lotz, Crystal-Donna Roberts, Cody Mountain, Shimmy Isaacs, Hein Coetzee en Morgan Ackley.
Foto: Liezl van Niekerk Van links is: Chantel Clark, Deon Lotz, Crystal-Donna Roberts, Cody Mountain, Shimmy Isaacs, Hein Coetzee en Morgan Ackley.
 ?? Foto: Hein Coetzee ?? Aiden Claassen saam met Chrystal-Donna Roberts in een van sy tonele.
Foto: Hein Coetzee Aiden Claassen saam met Chrystal-Donna Roberts in een van sy tonele.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa