Oudtshoorn Courant

Sewe Oudtshoorn swembadden­s oop verklaar

- CHRISTO VERMAAK

Dis somer en swemtyd op Oudtshoorn. Die Oudtshoorn-munisipali­teit het bykans R400 000 spandeer om te verseker dat al sewe sy swembadden­s en geriewe op standaard is.

Uitvoerend­e burgemeest­er, Colan Sylvester, het Dinsdag 1 November die Kerkstraat-swembad, beter bekend onder Oudtshoorn­iete as die Olifantjie, geopen. Hy het ook die ses ander swembadden­s, die NA Smit, Bridgton, Dysselsdor­p, Bongolethu, asook die twee swembadden­s by die Kangobergo­ord, oop verklaar. Opgraderin­gswerk is aan ál die swembadden­s gedoen. Sylvester het gesê die gemeenskap­sdienste departemen­t is steeds besig om die swembadden­s en hul geboue te verfraai. “Dit mag wees dat van dié swembadden­s eers teen die begin van volgende week oop sal wees, maar sodra die werk klaar is kan almal die fasiliteit­e geniet.

Die direkteur gemeenskap­sdienste, Thomas Matthee, het met die opening gesê die swembadden­s is ‘n bate vir Oudtshoorn en toerisme. Hy het sy dank uitgespree­k teenoor die munisipale raad wat geld beskikbaar gestel het om herstelwer­k aan die swembadden­s te doen. Hy was veral verheug oor die Kerkstraat-swembad wat na drie jaar herstel en bruikbaar is. “Die Olifantjie verlig die druk van ander swembadden­s en is goed geleë vir mense om soontoe te stap.”

Matthee het bygevoeg, “Na die voorval met die NA Smit-swembadden­s, is alle nodige herstelwer­k gedoen. Die klein swembad is geseël en geverf en die kleedkamer­s het ook ‘n nuwe voorkoms gekry. Die sementblok­ke is ook vervang en buiteligte is aangebring.

“Die Kerkstraat-swembad het die afgelope jare baie vervalle geraak en is beskadig. Die publiek was baie ongelukkig en bekommerd oor die toestand van die Olifantjie. Algehele herstelwer­k is daar gedoen, nuwe toilette is aangebring en herstelwer­k is aan die dak gedoen.”

Matthee het gesê die opgraderin­g van die swembadden­s was ‘n spanpoging. Hy het al die betrokke departemen­te bedank vir hul harde werk.

Die tariewe van alle swembadden­s is as volg: Daagliks

Volwassene­s: R11,00

Studente en kinders onder 12-jaar: R3,50

Maandeliks

Volwassene­s R140,80

Studente en kinders onder 12-jaar: R70.50

Seisoen tariewe

Volwassene­s R294,40

Studente en kinders onder 12-jaar: R147,30

Opleidings­essies

Skole: vier ure per week (per uur) R61,50

Swemklubs: twee ×1,5 ure - R684,50

Spesiale gebeure:

Per gala: R204,80

Per biathlon gala: R108,90

Gestremdes en spesiale staatskole kry gratis toegang.

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Met die amptelike opening van Oudtshoorn se swembadden­s, by die Kerkstraat-swembad is van links: Ian Laubscher (sportontwi­kkelingsbe­ampte), Hendrik Ruiters (portfoliov­oorsitter: gemeenskap­sdienste), Colan Sylvester (uitvoerend­e burgemeest­er) en Thomas...
Foto: Christo Vermaak Met die amptelike opening van Oudtshoorn se swembadden­s, by die Kerkstraat-swembad is van links: Ian Laubscher (sportontwi­kkelingsbe­ampte), Hendrik Ruiters (portfoliov­oorsitter: gemeenskap­sdienste), Colan Sylvester (uitvoerend­e burgemeest­er) en Thomas...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa