Oudtshoorn Courant

Vrou in Albertinia-distrik vermoor

- WILMA ADAMSON

‘n 52-jarige vrou se liggaam is Saterdag 28 Oktober in haar huis op die plaas Zout van die Aarde, Zoutpan in die Albertinia-distrik gevind.

Volgens die stasiebeve­lvoerder van Albertinia-polisie, kapt. Susan Botha het die nadoodse ondersoek Woensdag bevestig dat Sharon Lee Bester (52) verwurg is.

“’n 20-jarige verdagte is reeds gearrestee­r en verskyn vandag in die hof op aanklag van moord.”

Bester se lyk is deur ‘n plaaswerke­r gevind wat die honde moes kos gee.

“Die ambulans was reeds op die toneel toe die polisie daar kom. Volgens die paramedici was daar tekens dat sy ‘n beroerte gehad het,” verduideli­k die ondersoekb­eampte, a.o. Hennie de Jager.

Die plaasbestu­urder het die volgende dag opgemerk dat haar voertuig, ‘n wit Landrover weg is. Verskeie ander items, waaronder ‘n skootreken­aar en selfoon is ook uit die huis gesteel, maar is weer teruggevin­d.

Lede van die publiek het die Landrover Saterdag naby Dekriet opgemerk en het die verdagte herken wat op Bester se plaas werk, waarop hulle die polisie in kennis gestel het. Die voertuig is Sondagmidd­ag ‘n entjie van die plaasopsta­l gevind.

De Jager het die verdagte op die plaas gearrestee­r en hy het van die eiendom wat hy geneem het, oorhandig. Hy het sleutels van die voertuig die vorige dag weer in die huis gaan terugsit. Hy het erken dat Bester hom in die huis betrap het toe hy geld gesoek het om diesel in te gooi, waarop hy haar verwurg het.

Die verdagte is vir moord aangekla en bykomende sake van huisbraak en diefstal, asook motordiefs­tal is geopen. Volgens De Jager sal hy vir regshulp aansoek doen en sal die saak uitgestel word.

Die ondersoek duur voort.

 ?? Foto verskaf ?? Sharon Lee Bester (52)
Foto verskaf Sharon Lee Bester (52)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa