Oudtshoorn Courant

Vredestraa­t nou nuwe KKNK fessterrei­n

-

Die KKNK se feesterrei­n verskuif volgende jaar na die meer sentraal geleë Oudtshoorn en Vredestraa­t-sportterre­ine.

Dié aankondigi­ng is hierdie week deur Rhodé Snyman, uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied, gedoen.

Volgens Snyman het terugvoer van borge, feesganger­s en inwoners aanleiding tot dié skuif gegee.

“Borge en feesganger­s verkies ’n feesterrei­n wat sentraal tot die hartklop van die KKNK is en die nuwe feesterrei­n is dus ideaal,” sê sy.

Snyman wys verder daarop dat daar geen inwoners in die gedeelte van Vredestraa­t is wat tydelik gesluit sal moet word nie en dat mense dus minder verontrief sal word as tydens vorige feeste toe St Johnstraat gedeelteli­k gesluit moes word.

Sy sê feesganger­s sal alles waaraan hulle die afgelope agt jaar in die Rivierbuur­t gewoond was, én meer, op die nuwe terrein ervaar.

“Benewens die aand- en dagverhoog, Liplekker met sy deli- en wynproeë, verskeie stalletjie­s, kroeë en kuier- en rusareas, verskuif die ATKV-Speelbos ook na die feesterrei­n.

“Die Speelbos bied ure se pret en plesier aan die jongspan, waaronder Uitkamptea­teraanbied­ings, interaktie­we speletjies én ’n musiekprog­ram,” sê sy.

Die gewilde Kunsmark waar ‘n groot verskeiden­heid stalletjie­s jaarliks is, word op die Vredestraa­t-sportterre­in ingerig. Dié area huisves ook die pretpark en mallemeule. Kaartjies na die feesterrei­n sluit toegang tot ál hierdie vermaak in.

Toegang tot die feesterrei­n is deur hekke in Vredestraa­t en in Voortrekke­rweg by die ingang na die REC. Hekke tot die terrein maak soggens om 10:00 oop.

Soos met vorige feeste sal die gedeelte van Baron van Reedestraa­t tussen Voortrekke­rweg en St Johnstraat ook gesluit wees.

Enige navrae oor die nuwe terrein kan gerig word aan info@kunste.org.za of 044 203 8600.

 ??  ?? Die area waarheen die KKNK se feesterrei­n volgende jaar verskuif.
Die area waarheen die KKNK se feesterrei­n volgende jaar verskuif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa