Oudtshoorn Courant

Ladismithe­rs staan op teen dwelms

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Groot groep inwoners van Ladismith het verlede Vrydag ‘n optog na beweerde dwelmhuise in die gemeenskap gehou.

Volgens David Opperman, ‘n lid van die komitee wat die optog gereël het, het skole, kerke, nie-winsgewend­e organisasi­es en lede van die gemeenskap aan die optog deelgeneem.

“Ons het dit vooraf met die munisipali­teit en die polisie gereël. Ons as gemeenskap is net regtig moeg vir dwelmhande­laars in ons dorp. Die mense wat aan ons as vermeende dwelmhande­laars uitgewys is, is nie eers Ladismithe­rs nie. Hulle kom ondermeer van Kaapstad en Oudtshoorn.

Hulle maak ook van die minderjari­ges gebruik om die dwelms te verkoop, want hulle weet die kinders kan nie regtig iets oorkom as hulle met die dwelms gevang word nie.”

Die groep het memorandum­s aan die smokkelaar­s oorhandig.

In die memorandum staan ondermeer: “Ons as die gemeenskap wat insluit skole, kerke, NGO’s en ouers versoek dat u: Ons kinders en jongmense nie verder moet versterk in die gebruik van dwelms nie. As skool en kerke beleef en sien ons die verval van ons kinders en dit lei tot swak prestasie, vroeë skoolverla­ting, dwelmafhan­klikheid en aggressie by kinders. Ons staan ook vandag op teen die misbruik van ons dogters, die hoë tienerswan­gerskappe en is ons bewus dat van die ouers aan die ontvangkan­t van u as dwelmbase is. Ons gaan nie verder ons dogters aan die euwels en misbruik blootstel nie en eis dat ouers wat kan bewys het dat kinders by u [dwelmbase] uithang, ‘n kriminele klag gaan maak.”

Opperman sê die polisie en die munisipali­teit het ingestem om harder op te tree teen die dwelmsmous­e.

“Meeste van die huise waaruit dwelms verkoop word is munisipale huise en die munisipali­teit het gesê dat daar ‘n regulasie is waarvolgen­s hulle die mense kan uitsit.”

Volgens hom het hulle die mense 30 dae gegee om gehoor te gee aan die memorandum.

“Ons beplan dan nog ‘n groter optog vir 4 Desember. Ons gaan Ladismith se strate dwelmvry maak. Ons moet ons kinders daarteen beskerm het.”

Ao. Jan Cederas, woordvoerd­er van die Ladismith-polisie, het gesê die polisie het die optog bygewoon om die veiligheid van die gemeenskap en dwelmhuise te verseker.

“Dwelms bly ‘n prioriteit vir die polisie omdat dit ook ‘n groot rol in die pleging van misdade speel. Ons vra dat die gemeenskap ons moet inlig as hulle weet van misdade wat in hulle omgewing gepleeg word.”

 ?? Foto verskaf ?? Honderde lede van die Ladismith-gemeenskap het verlede Vrydag aan die optog teen dwelms deelgeneem.
Foto verskaf Honderde lede van die Ladismith-gemeenskap het verlede Vrydag aan die optog teen dwelms deelgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa