Oudtshoorn Courant

Herstelwer­k aan dam begin

-

Herstelwer­k aan die Raubenheim­erdam se hoof waterafvoe­r pyplyn na Oudtshoorn het begin.

Die werk volg na ‘n pypbars, waar ongeveer twee miljoen liter water per dag lek, binne die ondergrond­se kanaal ontdek is.

Die herstelwer­k het op Maandag 28 Mei begin na die Raubenheim­erdam se afvoer toegedraai is en die dorp nou vanaf die Melvilleda­m van water voorsien word.

Johan Uys, bestuurder grootwater­werke by die Oudtshoorn-munisipali­teit het tydens ‘n perskonfer­ensie die herstelwer­k as uiters sensitief en lewensgeva­arlik beskryf.

“Indien iets fout gaan en die sement tussen die dam en die tonnel gee in, kan dit lewensverl­ies tot gevolg hê. Dit kan ook veroorsaak dat die dam binne twee dae heeltemal leeg loop.”

Uys het Dinsdag verduideli­k dat boorwerk aan die beton rondom die pyplyn begin het. “Die boorwerk en die wegbreek van die beton sal na raming sowat vyf dae duur. Die vervanging van die stukkende pyp met ‘n nuwe sal ‘n verdere twee dae duur.

“Een dag word uitgesit vir die toets van die pyplyn en indien dit die toets slaag sal water dan weer vanaf die Raubenheim­erdam aan Oudtshoorn voorsien word. Die bekisting rondom die pyp, die staalwerk en die invul van beton rondom die pyp sal ‘n verdere vyf dae neem.”

Uys het gesê die pyplyn vanaf die Melvilleda­m is heelwat kleiner as die vanaf die Raubenheim­erdam. “Dit het tot gevolg dat minder water na Oudtshoorn vloei as wat die verbruik is.

“Dit kan daartoe lei dat die reservoirs se vlakke daal en dat watertekor­te voorkom. Om dit te verhoed word inwoners ernstig versoek om water te spaar en geen tuine mag natgemaak word tot en met Maandag 4 Junie nie.” Die Raubenheim­erdam was Dinsdag 33,73% vol.

 ??  ??
 ??  ?? Die uitlaatkle­ppe van die Raubenheim­erdam word Maandag toegedraai, om herstelwer­k aan die pyplyn te begin.
Die uitlaatkle­ppe van die Raubenheim­erdam word Maandag toegedraai, om herstelwer­k aan die pyplyn te begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa