Oudtshoorn Courant

Boere pleit vir voer

- TISHA STEYN

Desperate boere in die Klein-Karoo soek landwyd voer vir hul vee.

“Dit is krities droog en daar is niks op die lande nie,” sê Laubscher Coetzee, volstruisb­oer van Volmoed en Klein Karoo Agri se verteenwoo­rdiger by Agri Wes-Kaap.

“Ons is werklik in die moeilikhei­d. Reën word voorspel, maar dit bly weg. Ons het ten minste 60 mm deurdringe­nde reën in ‘n kort tyd in ons damme se opvanggebi­ede nodig om ‘n verskil te maak.”

Diversifik­asie is volgens hom nie ‘n opsie nie aangesien dit as gevolg van insetkoste té duur is. Daarbenewe­ns is water, wat nou skaars is, steeds die kern van enige boerdery. Coetzee sê sommige boere in die Volmoedomg­ewing is genoodsaak om af te skaal en verkoop gedeeltes van hulle grond asook implemente.

Henkie du Plessis, groentesaa­dboer van De Rust, sê: “Die boere kou harde bene. Alles het ‘n tyd, en as die reën nie op tyd kom sodat daar water in die damme is nie, kan die boere nie saadgroent­e plant nie. Vee word uit die sak gevoer.”

Weeber Truter, sybokboer van Herold, wat verlede jaar ‘n groot poging van stapel gestuur het om voer veral uit die Vrystaat te kry, sê baie boere in die Herold-omgewing moes al hul plase verkoop. “Die boere kry swaar en hulle het net nie meer geld om aan te gaan nie. Ek is so jammer vir jonger boere wat op die plaas grootgewor­d het en nou die grond verloor. Ons pleit by boere landwyd om ons te help met voer.”

Johan (Klokkie) Fourie, vrugteboer van Calitzdorp, sê: “Dinge lyk lelik. Ons het ‘n derde van ons vrugteboor­de uitgehaal en die grond gelyk gemaak.”

Die vlak van damme wat besproeiin­gswater voorsien, het op 26 Mei so gelyk: Die damme in die Stomp drift-e n Kamma n assie besproeiin­gskema het onderskeid­elik 6,3% en 6,1% water. Calitzdorp se dam het 28,1% water, terwyl die Gamkapoort­dam wat besproeiin­gswater voorsien, die afgelope drie jaar dolleeg is.

Enigiemand wat voer het wat hulle kan afstaan, kan Weeber Truter by 082 566 2070 of Patrys Erasmus by 079 101 8259 kontak.

 ??  ??
 ?? Foto: Celia le Roux ?? Celia le Roux van die plaas Doornkraal by De Rust was genoodsaak om wingerd uit haal weens die droogte.
Foto: Celia le Roux Celia le Roux van die plaas Doornkraal by De Rust was genoodsaak om wingerd uit haal weens die droogte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa