Oudtshoorn Courant

Rioolprobl­eem by gholfbaan opgelos

- CHRISTO VERMAAK

Die probleem van rou riool wat vir ‘n geruime tyd na die Oudtshoorn-gholfbaan gevloei het, is opgelos.

Die Oudtshoorn Courant het verlede Vrydag (25 Mei) berig dat die riool uit ‘n mangat naby die terrein van korrektiew­e dienste stroom en in ‘n dam by die gholfklub beland. In reaksie op die navraag het die Oudtshoorn­munisipali­teit aangedui dat hulle onbewus was van die probleem en onderneem om dringend aandag daaraan te gee.

Johan Cornelliss­en, die gholfklubk­aptein, het hierdie week bevestig dat die probleem opgelos is.

Ntobeko Mangqwengq­we, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het Woensdag verduideli­k dat die betrokke rioolpyply­n in die verlede gereeld verstop geraak het. “Sowat vyf jaar gelede het die munisipali­teit en korrektiew­e dienste se bestuur ooreengeko­m dat laasgenoem­de ‘n sif by hulle perseel sal installeer wat sal keer dat ongewenste voorwerpe in die rioolnetwe­rk beland. Daarna het die verstoppin­gs vir lank afgeneem.”

Johan Uys, bestuurder grootwater­werke by die munisipali­teit, het gesê: “Ongelukkig is hierdie sif weer verwyder en het dit gelei tot verstoppin­gs op drie plekke onderkant korrektiew­e dienste. Stukke van handdoeke, komberse en selfs onderbroek­e is uit die pyplyn gehaal.”

Volgens Mangqwengq­we het die munisipali­teit die personeel van korrektiew­e dienste versoek om die sif terug te sit, te onderhou en gereeld skoon te maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa