Oudtshoorn Courant

George-pad word verbreed

- HANNES VISSER

Stemme vir die opgraderin­g van die N12 na George het verlede week na ‘n kettingbot­sing weer opgegaan.

Verskeie padgebruik­ers het reeds aangedui dat die pad min veilige gedeeltes het waar stadige verkeer veilig verbygeste­ek kan word.

Uit ‘n navraag aan die Wes-Kaapse departemen­t van openbare werke en vervoer blyk dit dat daar moontlik goeie nuus vir padgebruik­ers is.

Byron la Hoe, woordvoerd­er van die departemen­t, het Woensdag gesê ‘n tender is uitgegee vir die onderhoud van die pad en die kontrak maak ook voorsienin­g vir gedeeltes van die pad om verbreed te word. Die aanvanklik­e gedeelte van die pad wat deur die kontrak gedek word is 16,5 km vanaf die T-aansluitin­g met die Georgepad tot ongeveer halfpad na Oudtshoorn. Volgens La Hoe is die verwagting dat die kontrak teen die einde van 2018 toegeken sal word en dat werk teen die einde 2019 voltooi sal wees. Hy sê ‘n konsultant is reeds aangestel om die oorblywend­e gedeelte van die pad tot by Oudtshoorn te evalueer en voorleggin­gs te maak oor verbeterin­ge wat aangebring moet word. Sodra die evaluasie afgehandel is sal daar besluit word watter gedeeltes verbreed moet word en huidige beplanning dui daarop dat daardie werk gedurende 2019 sal plaasvind.

De Rust-pad

Wat werk aan die pad na De Rust, wat nou reeds meer as ses maande stilstaan, betref, sê La Hoe sy departemen­t is in die laaste stadium om ‘n kontrakteu­r aan te stel. Daar word beoog om die nuwe kontrakteu­r voor die einde van Junie op die perseel te kry sodat werk kan voortgaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa