Oudtshoorn Courant

Kliniek in sop oor vertroulik­e lêers

- LIEZL VAN NIEKERK

Vertroulik­e mediese lêers, wat onder andere inligting oor pasiënte se MIV-status bevat, is sonder nadenke vermoedeli­k deur personeel van die De Rust-kliniek in ‘n openbare plek weggegooi.

Inwoners wie se inligting oop en bloot in ‘n houer gelê het, is woedend oor die voorval aangesien mediese lêers veronderst­el is om in veilige bewaring te wees.

Volgens Isak Katzen, ‘n gemeenskap­saktivis in De Rust, het hy Maandag ‘n oproep van ontstoke inwoners gekry om hom van die voorval in te lig.

“Die mense wat my gebel het, het gesê ‘n kind het die lêers, wat mediese inligting van pasiënte van die kliniek bevat, in die container in die veld langs die kliniek gekry.”

Die dokumente bevat persoonlik­e inligting van die pasiënte waaronder hul mediese toestande, MIV-status, voorskrifm­edikasie, name, selfoonnom­mer en identiteit­snommers.

Katzen sê nie al die lêers is volledig nie en sommige is enkele bladsye uit pasiënte se lêers.

“Daar is tussen 40 en 50 mense wie se persoonlik­e inligting die strate vol gelê het. Baie van die mense se MIV/Vigs-status is nou bekend aan enigiemand wat die lêers gesien het,” het hy ontsteld vertel.

Mina Roman, ‘n lid van die kliniek se bestuur, het gesê lede van haar familie se lêers was onder dié wat in die vullishoue­r gevind is.

“Familieled­e baie na aan my se lêers is ook onder dié wat in die houer gevind is. Dit is absoluut onaanvaarb­aar dat daar so nalatig met pasiënte se mediese rekords gewerk word. Dit is veronderst­el om vertroulik­e inligting te wees.”

Volgens haar het hulle die polisie oor die voorval ingelig, maar het hulle nie ‘n klag gelê nie omdat hulle nie geweet het watter klag om te lê nie.

“’n Plaaslike adjudant-offisier het die lêers by my kom haal. Ek het ook die kliniek daarvan ingelig en al die owerhede is in kennis gestel.”

Sy het die week aan die Oudtshoorn Courant gesê dat niemand nog met hulle oor die voorval kom praat het nie.

“Ons weet nie of daar ‘n saak ondersoek word of wie verantwoor­delik was vir die nalatighei­d nie.”

Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die Wes-Kaapse gesondheid­sdeparteme­nt, het die week ‘n kennisgewi­ng vrygestel waarin hulle erken dat “’n lêer met pasiëntinl­igting in ’n vullishoue­r buite die kliniek gevind is”.

Volgens die kennisgewi­ng het dit groot kommer by die departemen­t gewek en “raai hulle die gemeenskap aan om asseblief nie hierdie inligting te versprei nie”.

Die Oudtshoorn Courant het die departemen­t ingelig dat daar meer as een pasiëntlêe­r in die vullishoue­r beland het.

Sy het verder gesê dat die departemen­t streng riglyne oor die berg van sensitiewe inligting, soos ou voorskrift­e en manifeste het.

“Die vertroulik­heid van pasiëntinl­igting word vooropgest­el. Dit word volgens beleid vernietig of in ’n argief geberg. Ons wil die publiek gerusstel dat dit ’n uitsonderl­ike voorval is wat ondersoek en aangespree­k sal word.”

Ferreira het ook bevestig ’n saak is by De Rust-polisiesta­sie aanhangig gemaak.

“Die saak word ondersoek vir die ongemagtig­de verwyderin­g van eiendom vanaf die kliniekper­seel. Ons sien die verspreidi­ng van vertroulik­e inligting in ’n baie ernstige lig.”

Die Oudtshoorn Courant het ‘n navraag aan kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder gestuur, maar hy het teen druktyd nie daarop gereageer nie. Dit is dus nie duidelik watter klag ondersoek word en of die klag teen ‘n spesifieke individu by die kliniek ondersoek word nie.

 ?? Foto’s: verskaf ?? Die De Rust-kliniek. Die vullishoue­r buite op ‘n oop stuk grond naby die kliniek waar die dokumente gevind is.
Foto’s: verskaf Die De Rust-kliniek. Die vullishoue­r buite op ‘n oop stuk grond naby die kliniek waar die dokumente gevind is.
 ??  ?? Een van die dokumente met ‘n pasiënt se vertoulike mediese inligting.
Een van die dokumente met ‘n pasiënt se vertoulike mediese inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa