Oudtshoorn Courant

Vandalisme by begraafpla­as ondersoek

-

Dit blyk dat die probleem van vandalisme by die Oudtshoorn-begraafpla­as uiteindeli­k aandag geniet. Dit volg nadat meer as tien grafstene die afgelope aantal dae beskadig is. Die Oudtshoorn-munisipali­teit het hierdie week ‘n beroep op die publiek gedoen om te help om vandalisme by die begraafpla­as hok te slaan.

Die munisipale bestuurder, Allen Paulse, het Woensdag gesê: “Dit het onder ons aandag gekom dat die Oudtshoorn­begraafpla­as onder vandalisme deurloop. Dit is kommerwekk­end dat daar in die laaste paar dae meer as 10 grafstene beskadig is.”

Paulse sê die vermoede is dat die skuldiges dit doelbewus doen. “Op hierdie oomblik probeer ons die onmiddelli­ke naasbestaa­ndes opspoor deur ons rekords na te gaan en hulle in te lig oor hierdie misdryf.

“Ons weet dit is baie hartverske­urend, maar ons vra u om u geliefdes se graftes te besoek om seker te maak of daar enige skade aangerig is.”

Alhoewel die voorvalle waarna Paulse verwys die afgelope tyd plaasgevin­d het, is die probleem van vandalisme by die begraafpla­as nie ‘n nuwe verskynsel nie.

Die Oudtshoorn Courant het reeds so vroeg as 2012 berig oor grootskaal­se vandalisme by die begraafpla­as. Inwoners en besoekers maak gereeld melding daarvan en AfriForum het bykans drie jaar gelede reeds ‘n verslag opgestel oor die haglike toestand waarin die begraafpla­as verkeer. Dit is algemene kennis dat die terrein nie beveilig is nie en dat haweloses daar slaap. ‘n Aantal maande gelede is ‘n bejaarde vrou by die begraafpla­as van haar voertuig beroof terwyl sy haar oorlede man se graf besoek het.

Inwoners wat enige verdagte optrede by die begraafpla­as opmerk of van nog voorvalle van vandalisme bewus is, word gevra om dit te telefonies by 044 203 3900 of per e-pos by valencia@oudtmun.gov.za aan te meld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa